Somerset-Oos Leessentrum

29 Louis Trighardtstr, Somerset-Oos, 5850 ,South Africa
Somerset-Oos Leessentrum Somerset-Oos Leessentrum is one of the popular College & University located in 29 Louis Trighardtstr ,Somerset-Oos listed under Education in Somerset-Oos ,

Contact Details & Working Hours

More about Somerset-Oos Leessentrum

Somerset-Oos Leesentrum bied ‘n tweetalige Laerskool- en Hoerskoolprogram

Die doel van die Leessentrum is om algehele akademiese vordering by leerlinge in al hulle vakke te bewerkstellig. Daar word van verskillende visuele persepsie oefeninge gebruik gemaak wat ondersteunend tot die leesaksie is, asook van ‘n wye verskeidenheid leestegnieke om die doel te bereik.

Die Visuele persepsie en Ontwikkelingsleesprogram:

Spel- en woordbou oefeninge
Konsentrasie- en geheue oefeninge
Nege verskillende Leestegnieke
Oogspanwydte- en oogbewegings oefeninge
Opskerp van Taalvaardighede
Woordsomme

Leestegnieke sluit o.a in:

Progressiewe lees
Oogbewegingslees
Fiksasielees
Merklees

Ontwikkeling van Leesvaardighede:

Verbeter leesspoed
Verbeter begrip
Ontwikkel spelling vaardighede
Geheue oefeninge
Woordbou oefeninge
Inoefen van sinskonstrukies

Vertrekpunt van die program

Lesers word aan die begin geevalueer om spesifieke leesprobleme of –potensiaal te identifiseer en ook huidige leesvermoe te bepaal. Die leser word voordurend gemonitor en verslae word aan ouers verskaf , so verseker ek vordering by lesers asook kwaliteit van die sentrum.

Skakel my gerus indien u meer wil weet oor Somerset Leessentrum asook indien u belangstel om u kind se toekoms ‘n hupstoot te gee.

Map of Somerset-Oos Leessentrum