Nona Rosa Wegbreek

Witsand,
Nona Rosa Wegbreek Nona Rosa Wegbreek is one of the popular Hotel & Lodging located in ,Witsand listed under Farm in Witsand , Travel Company in Witsand , Hotel & Lodging in Witsand ,

Contact Details & Working Hours

More about Nona Rosa Wegbreek

Nona Rosa Wegbreek is ‘n terug-na-die-natuur ervaring. Breek weg van die stresvolle stadslewe! Kom en geniet die natuur, voëllewe, rus en vreedsaamheid in die veiligheid van ons plaas. Daar is geen kampplekke uitgesit nie.Die kampplek is geleë aan die voet van ‘n 55m hoë krans en langs die Slangrivier. Daar is ‘n 12 x 6m lapa met ‘n groot vuurmaakplek en braai area. Die lapa het ‘n gedeeltelike oop dak. Die ablusiegeriewe is ‘n houthut met ‘n grasdak. Daar is 2 warmwater storte, 2 spoeltoilette en ‘n opwasarea. Daar is vars drinkwater by die ablusiegeriewe. Daar is ook ablusiegeriewe vir groter groepe (4 toilette en 4 storte – stook die donkie vir warm water). Daar is nie elektrisiteit nie en selfoonontvangs is beskikbaar op die hoër areas op die plaas.Die kampplek is “rustic” en bied vir jou heerlike rustigheid en stilte. Ideaal vir die natuurliefhebber. Die terrein is ideaal vir jeugkampe en groepbesprekings.Die pad na die kampterrein is eerder geskik vir ‘n off-road karavaan of boswaen nie geskik vir lae klaring sedan voertuie nie.

Map of Nona Rosa Wegbreek