Irene Konsentrasiekampkerkhof

14 Stopford Street, Irene, ,South Africa
Irene Konsentrasiekampkerkhof Irene Konsentrasiekampkerkhof is one of the popular Tour Agency located in 14 Stopford Street ,Irene listed under Tours & Sightseeing in Irene ,

Contact Details & Working Hours

More about Irene Konsentrasiekampkerkhof

Op 5 Junie 1900 word Pretoria ingeval deur Groot Brittanje. Lord Roberts het probeer om Pretoria van die weste in te val en het langs die Hennopsrivier beweeg. Die boere was egter nie uitoorlê nie en daar was verskeie gevegte gewees in die groter omgewing wat vandag as Centurion bekend staan.

Soos ons almal weet het die Britte gepoog om die gees en die ondersteuning van die Boere te ontneem deur hulle “Verskroeide Aarde” beleid wat hulle gevolg het. Hierdie omgewing is ook nie ontsien nie en talle Boerehuise, plase, lande en vee is vernietig.

Daar was 31 konsentrasie kampe regoor die twee Boererepublieke (Transvaal en die Oranje Vrystaat) asook die twee Britse kolonies van Natal en die Kaap. Wat meeste mense nie besef nie is dat hier ook ‘n konsentrasiekamp was – reg hier in Irene.

In al die kampe het daar ongeveer 4 000 vrouens en 23 000 kinders gesterf. Met meer as 322 000 mense is die Boerebevolking uitgemoor gedurende die Anglo-Boereoorlog vanaf 1899 tot 1902. In hierdie konsentrasiekampkerkhof lê daar ongeveer 1 200 mense.

Die Irene Konsentrasiekamp is op 2 November 1900 geopen en vanaf die eerste dag het die getal inwoners drasties toegeneem. Hierdie mense is ‘n seiltente in haglike omstandighede aangehou. Dikwels is daar honderde families eenvoudig by die kamp van die trein afgelaai. Die meeste van hulle het net die klere aan hul lyf gehad en soms ‘n paar stukkies kosbaarhede wat hulle kon saamdra. Op aankoms is hierdie mense eenvoudig net in tente geprop, daar was soms tot 20 mense in ‘n tent wat bedoel is vir 6.

Rantsoene was ten alle tye onvoldoende. ‘n Weekse rantsoen het bestaan uit 7lb meel, 4oz sout, 6oz koffie en 12oz suiker. Kinders het slegs die helfte daarvan gekry. Melk vars groente, seep, kerse en toiletware was skaars en slegs voorsien wanneer die kampdokter dit as ‘n “medical comforrt” voorgeskryf het. Vleis was selde beskikbaar en die gesinne van vegtende kommando lede het niks gekry nie.

Die oorspronklike begraafplaas was net hopies klippe en nie almal het grafstene gehad nie. Met die verloop van tyd is van die grafstene verwyder en sommige het rondgelê. Dus kon spesifieke grafte nie geïdentifiseer word nie. ‘n Genommerde plaatjie is gewoonlik deur die kampowerheid op grafte geplaas. Een van hierdie plaatjies wat gevind is, was nommer 2156. Dit kan daarop dui dat die werklike getal sterftes heelwat hoër kan wees as die algemeen aanvaarde 1149. Daar is egter slegs 850 grafsteentjies gevind.

In 1968 is 35 kinders wat in ‘n tweede begraafplaas begrawe was, in hierdie bogrondse grafkelder herbegrawe. Bykans ‘n duisend van die sterfgevalle was kinders jonger as 15 jaar. Hierdie begraafplaas en gedenktuin is vandag ‘n nasionale gedenkwaardigheid onder die beskerming van die Suid-Afrikaanse Erfenishulpbronne Agentskap.

Map of Irene Konsentrasiekampkerkhof