Agrisnuffel

Die Vlakte, Calitzdorp, 6660 ,South Africa
Agrisnuffel Agrisnuffel is one of the popular Business Service located in Die Vlakte ,Calitzdorp listed under Business Services in Calitzdorp ,

Contact Details & Working Hours

More about Agrisnuffel

AgriSnuffel is 'n elektroniese platform spesiaal ontwikkel vir die landbou industrie, waar boere en besighede gratis advertensies kan plaas en direk kan kommunikeer met ander besighede, ander Boere asook hul eie kliënte. Die platform is so gebruikersvriendelik as moontlik en kan gebruik word deur enige persoon wat 'n muis kan vashou. Boere kan die platform gebruik om van verskeie onnodige landboutoerusting ontslae te raak of ander aan te skaf teen geen ekstra koste. Boere kan ook hul landbouproduksie adverteer op die webtuiste nog voordat dit gereed is vir verbruikers. Ons moedig ook besighede aan om die platform te gebruik, en direk met hulle teikenmark te kommunikeer.
AgriSnuffel is nie net 'n gratis advertensieplatform nie, maar voorsien boere ook van verskeie ander hulpmiddels wat kan bydra tot hul landbou sukses. 'n Paar van hierdie hulpmiddels sluit in: weer voorspellings, SAFEX pryse, landbou nuus, advertensie bystand en 'n Boere blog. Deur ander boere se raad te vra, kan die Boere blog gebruik word om verskeie landbou kwessies op te los. AgriSnuffel sal gepaste en gekwalifiseerde persone nader indien daar nie 'n oplossing vir ‘n probleem gevind word nie. Boere kan ook op die uitkyk wees vir feeste en veilings wat ons op die webtuiste adverteer, aangesien AgriSnuffel boere op hoogte wil hou van alle feeste en veilings in sy omgewing.
Ons doel is om 'n eenstop platform te skep waar die boer alles kan kry wat hy soek. Ons weet hoe moeilik die landbou bedryf is en probeer om 'n hulpmiddel daar te stel wat die boer se taak vergemaklik. AgriSnuffel verwelkom ook enige bydraes van die boere om seker te maak dat al hulle behoeftes bevredig word.

Map of Agrisnuffel