Wolseley Vryburger Omgeemense

Harmoniestraat 8, Wolseley, ,South Africa
Wolseley Vryburger Omgeemense Wolseley Vryburger Omgeemense is one of the popular Nonprofit Organization located in Harmoniestraat 8 ,Wolseley listed under Non-profit organization in Wolseley , Charity Organization in Wolseley ,

Contact Details & Working Hours

More about Wolseley Vryburger Omgeemense

Soos die eerste Vryburgers deur arbeidsaamheid, vlyt en inspanning Suid-Afrika hulle enigste vaderland gemaak het, en dit sodoende tot eer van hulle Skepper vir die Christelike beskawing oopgestel het, so wil ook ons as Wolseley Vryburgers
met arbeid van hart en hand hierdie land, Suid-Afrika, tot verheerliking van ons Skepper dien.
Met ons hele hart en verstand, en al ons talente, onderneem ons om as lede van die Vryburgers van Suid Afrika op so ‘n wyse te dien dat dit nie om ons eie stoflike voordeel en persoonlike gewin sal gaan nie, maar ons my volk, ons naaste en onsself geestelik te verryk.

As Vryburger verbind ek my plegtig daartoe om deur my woorde en dade, te alle tye en onder alle omstandighede, die doelstellings van die Vryburgers van Suid Afrika te verwesenlik en uit te leef, naamlik:
“Om die Suid-Afrikaanse volk en gemeenskap te dien,
Om die Afrikaanse kultuur en tradisies te erken, uit te leef en op alle terreine te bevorder,
Altyd die Bybel as my grondslag te erken, en
Om kameraadskap en samewerking in die Suid Afrikaanse gemeenskap te bevorder en aan te moedig ".

Map of Wolseley Vryburger Omgeemense