Wiesbaden Bloemfontein Night Club

2 Fairhaven Road (Abrahamskraal Road), Bain's Vlei, 9338 ,South Africa
Wiesbaden Bloemfontein Night Club Wiesbaden Bloemfontein Night Club is one of the popular Adult Entertainment Service located in 2 Fairhaven Road (Abrahamskraal Road) ,Bain's Vlei listed under Club in Bain's Vlei , Adult Entertainment in Bain's Vlei ,

Contact Details & Working Hours

More about Wiesbaden Bloemfontein Night Club

Google GPS Coordinates:
Latitude : -29.065098,
Longitude : 26.133572

Hierdie gewilde kuierplek buite die stad van Bloemfontein is 'n familiesaak wat bedryf word deur 'n pa-seun span, en is 18jr gelede gebore met die gedagte aan 'n egte Duitse kuierplek waar die eienaar (oom Danie soos wat heinde en ver hom reeds ken) gehoop het om op egte Duitse tradisie naweek vir naweek fees te vier. Wiesbaden is 'n stad gelee in Duitsland en die hoofstad van die staat Hesse, gelee langs die Rhynrivier en omring met wingerde waar elke jaar ‘n oes en wynfees asook gereelde jazzfeeste, straatfeeste en volksfeeste gehou word vandaar dan ons naam Wiesbaden. 'n Interessante feit vir die wat dit nie weet nie, is dat daar 'n tweede kuierplek bestaan slegs 500 meter vanaf Wiesbaden met die naam Wies-Nebenan wat in Duits beteken 'langsaan'. Hierdie is 'n kleiner, meer gesellige kuierplek vir diegene wat nie deur baie mense oorweldig wil word nie en die perseel word ook beskikbaar gestel vir funksies, verjaarsdag-vieringe en vele ander geleenthede,’n besigheid wat ook bedryf word deur twee van oom Danie se seuns.

Wiesbaden kroeg se besoekerstal wissel op hierdie stadium tussen 600 en 800 mense per aand vanaf Woensdag tot Saterdagaande en sy gewildheid neem net toe te wyte aan die feit dat klante altyd vinnige en goeie diens ontvang. Dit in ‘n veilige omgewing gelee is met voldoende parkering en veral oor goeie pryse en ‘n groot vloeroppervlak waar jongmense na hartelus kan dans op die maat van goeie musiek. Wiesbaden het deur die jare natuurlik hoogtepunte sowel as laagtepunte beleef. ‘n Groot hoogtepunt was die van Bloubul ondersteuners wat na ‘n wenwedstryd teen die Cheetahs, Wiesbaden op ‘n Saterdagaand uit sy nate laat bars het toe daar oor die 2000 ondersteuners was wat gekuier het tot in die vroee oggendure. En die slegste van alle laagtepunte was ‘n enkele gewapende roof een oggend net voor sluitingstyd toe personeellede vir ure lank aangehou was, kasregisters en kluise weggery is en met een van die personeellede se voertuig gevlug het. Gelukkig is niemand beseer maar die ervaring erg traumaties vir elkeen gewees. Wiesbaden is deesdae toegrus met kameras binne en buite hul perseel asook ‘n puik alarmstelsel wat boosdoeners weghou. Dan natuurlik het Wiesbaden in sy leeftyd ook groot nuusopskrifte gehaal in koerante wat die bloed letterlik laat kook het onder die Wessels gesin en aanhangers wat Wiesbaden al jare lank ondersteun. Kort na die opening van Wiesbaden het klante allerlei aandenkings van oral af aan gebring, selfs uit Duitsland soos sleutelhouers, pette, serpe, bierbekers, Duitse vlae en selfs 'n swatsika vlag wat die groot koerant konsternasie veroorsaak het saam met ‘n ou Suid Afrikaanse vlag. En die mense wat nou vir oom Danie ken, dra kennis van die vlae wat hy teen die plaffon in Wiesbaden vasgemaak het slegs as erkenning aan al die skenkers daarvan en deur hierdie onskuldige gebaar haal Wiesbaden toe ‘n halfblad berig in die Rapport, Die Volksblad en ‘n paar engelse koerante nadat ‘n wegkruip koerantberiggewer op ‘n dag die goeie storie agter alles totaal en al miskyk en ‘n heeltemal verwronge beeld van Wiesbaden by die publiek probeer skep het! Gelukkig het hierdie negatiewe publisiteit geen uitwerking op Wiesbaden se groei of gesondheid gehad nie want getroue en lojale ondersteuners het bankvas agter hulle gestaan vir botter en wors en met die skoon gewete dat Wiesbaden volgens statistieke by die SAPD al vir 18jr lank die veiligste kuierplek vir jongmense is waar die eienaars en personeel nog nooit dwelms, swak gedrag of vuisgevegte geduld het nie al is daar 'n toeloop van mense uit alle vlakke van die samelewing. Enkele persone wat deur die jare wel bloutjies geloop het by Wiesbaden was die wat hulself skuldig gemaak het aan moeilikheid soek, en iemand wat moeilikheid soek word nooit teleurgestel nie! Swak gedrag, besope skoorsoekers wat in argumente betrokke raak met ander klante wat hulle wel goed gedra, en die wat skade aanrig aan eiendom sal nooit welkom wees by Wiesbaden nie!!

Soos wat die jare aangestap het, het die Duitse inslag egter verlore geraak (alhoewel Wiesbaden steeds elke jaar en met groot sukses 'n bierfees aanbied) met die groot aanvraag op meer ruimte vir jongmense om te kan dans, konserte te hou en ook om die optredes van kunstenaars en musikante te kon akkommodeer. Oor 'n tydperk van 16jr het kunstenaars soos Juanita du Plessis, Kurt Darren, Theuns Jordaan, Die Broers, Patricia Lewis, Amore Vitone, Robbie Wessels, Blackie Swart en natuurlik K2 en nog vele meer, almal goeie geld verdien uit optredes by Wiesbaden. Daarbenewens hou oom Danie sy plek nog altyd oop ook vir plaaslike kunstenaars en musikante wat gereeld hier optree. Daar is min mense regoor die land wat nie kennis dra van Wiesbaden en oom Danie en sy seuns wat oor die dryfkrag, energie en visie beskik om van hierdie besigheid so groot sukses te maak en wat reeds vir 18jr lank on-onderbroke bedryf word - DIT WIL GEDOEN WEES!!

En nou vir die goeie nuus! Daar word binnekort ‘n derde venue op die perseel van Wiesbaden ge-open wat ongeveer 250 gaste kan huives. Hierdie venue word eksklusief beskikbaar gestel slegs vir musikante en omdat oom Danie nog al die jare die toonaangewer in Bloemfontein was vir kunstenaars optredes kan die publiek hulle binnekort gereed hou vir groot verassings en heerlike saamkuiers in ‘n eg musikale atmosfeer by “On stage@Wies"

Map of Wiesbaden Bloemfontein Night Club