Vrouefees

-NA-,
Vrouefees Vrouefees is one of the popular Health/Beauty located in ,-NA- listed under Health/beauty in -NA- , Event in -NA- ,

Contact Details & Working Hours

More about Vrouefees

VROUEFEES - Ekspo
Waar vrouwees gevier word!

Die heel eerste Vrouefees word gehou om vrouwees te vier. Vrouens van 18+ is welkom om hierdie byeenkoms by te woon en 'n ervaring te hê wat sal verseker dat hul weg loop met 'n warm hart en 'n vars gesindheid.

Wat is beter as om jou beste skoene aan te trek, lipstiffie aan te sit en saam jou vriendinne skoonheid te vier met 'n kelkie wyn in die hand? Hierdie byeenkoms bring verskeie selfsorg- en styl lesse, gepaard met uitstallings wat die nuutste sosiale giere bied.

-

DIE DOEL
VROUEFEES ondersteun graag St. Mary's Home of Hope. Hierdie sorghuis neem mishandelde vrouens en kinders in wat moet onstnap van traumatiese omgewings en omstandighede.

Ons skenk 10% na hierdie doel en gaan elke vrou verras met 'n mooimaak- en bederf sessie na die Ekspo.

RAAK BETROKKE
Skenk die volgende by die byeenkoms:
• Sanitêre produkte
• Selfsorg produkte
• Tweede handse klere vir vouens en kinders (Netjiese toestand)
• Grimering
• Styl bykomstighede
• Donasies ook welkom (Bank besonderhede beskikbaar op aanvraag)

-

TYE
11:00 - 15:00

-

KOSTES
R280/persoon

Sluit in:
• Geskenk pakkie vir die eerste 150 vrouens
• Sushi
• Media Muur met professionele fotograaf
• Velsorg les
• Grimeringsles
• Mode les
• Motiverende praatjie deur Mishka Patel
• Stalletjies

Kos en verversings is te koop by die byeenkoms.

-

Offisiële Facebook-blad: Vrouefees - Ekspo
Instagram: @vrouefees

-

Sien julle daar!

Map of Vrouefees