VGK Die Goeie Hoop

C/n Robin & Weltevreden Drive, Mitchells Plain, ,South Africa
VGK Die Goeie Hoop VGK Die Goeie Hoop is one of the popular Religious Organization located in C/n Robin & Weltevreden Drive ,Mitchells Plain listed under Church/religious organization in Mitchells Plain , Religious Organization in Mitchells Plain ,

Contact Details & Working Hours

More about VGK Die Goeie Hoop

Die gemeente het saam met die Lentegeur gemeente van die Moedergemeente Mitchells Plain op 31 Maart 1987 afgestig. Die Mitchells Plain gemeente was net 8 jaar oud toe die tweeling-dogters gebore is.

Die oorhoofse beplanning van die gemeente is deur die destydse Skiereilandse Sendingraad ten opsigte van die verkryging van die kerkpersele sowel as die onderhandeling met die argitekte, Hannes van der Merwe en vennote, met betrekking tot die opstel van die bouplanne vir die oprigting van die Kerksale.

Dit is belangrik om te weet dat die Skiereilandse Sendingraad vir verteenwoordigers van die Skiereilandse RInge (NGK sowel as NGSK) bestaan het. Dit was die eerste kerklike liggaam wat saam en in oorleg met mekaar gewerk het, lank voordat daar enige sprake was van `n moontlike kerkhereniging. Dr A.J Botha was die sekretaris en Ds. D.P. Botha die voorsitter van die Raad. Dit is in die Sendingraad waar die N.G. Sendingkerk lede `n sterk en beduidende rol gespeel het. Hier die N.G. Sendegkerk die gesprekstafel gedek.

Ander belangrike rolspelers was die "Atlete vir Christus". Jongmanne en -vroue almal studente van die Universiteit van Stellenbosch waarvan sommige kweekskool studente was, het in die wintervakansie lang afstande van Dorp tot Dorp gehardloop, die saak van Mitchells Plain gestel en op die manier fondse ingesamel.

Daar is een saak waarvan Mitchells Plain met groot vrymoed en dankbaarheid moet getuig. Ondanks alle vorme van rassespanning, die hartseer van die groepsgebiedewet, die mynveld op die speelveld van intermenslike verhoudinge en ondanks die spanning en skouerskuur op die kerklike verhoudingsvlak, het die Here God juis Mitchells Plain gebruik om mense oor alle kerkgrense en uit alle rassegroepe tot `n verenigde spanpoging bymekaar te bring om Sy koninkryk op die Kaapse Vlakte te bou en te vestig. Hiervan kan Die Goeie Hoop ook getuig.

Evangeliste wat aansporingswerk en die gemeentelike ontwikkeling momentum gegee het was onderandere: Isak van der Vyver, Ben Engel, Jakobus Julies, John Jacobs, Nic Titus, Paul Manne en Sr Sophie Jacobs saam met hul eggenote het hul uitstekende diens gelewer.
In 3 jaar en 1 maand se tyd word die Kerksaal van VGKSA Die Goeie Hoop op Saterdag, 6 September 1986 ingewy. Die sleutels van die Kerkgebou was oorhandig aan Sr. F. Saal deur die bouer Br. J. Jacobs. Br. A. Kock het die gebed by die deur gedoen. Ds David Botha het die boodskap gebring vanuit Matt. 16: 18 en Ds Sakkie Mentor, `n vorige Moderator het namens die Ring van Ebenezer gelukwensing en groete oorgedra.

Ds Jan Mettler sover bekend, as die eerste-leraar wat pastorale versorging en die bediening van sakramente en ander dienste waargeneem het, met die hulp van Ev. Van der Vyfer. Ds David Botha was beroep na die gemeente en het vir twee en halfjaar daar diens gelewer Ds Willie Dreyer het die gemeente bedien September 1991 tot Julie 1995. Hy was die eerste voltydse leraar van die gemeente. Ds J.G. Ferreira is bevestig as leraar van die gemeente op 7 Desember 1996. Die huidige leraar is Ds Peter September en is op 1 Maart 2014 bevestig in die gemeente.

Ds Paulus de Wet het sy prakties en proefpreek in die gemeente gelewer en is daarna beroep na Woodstock en later tot op hede by S.A. Gestig Belhar. Ds Claudette Williams is een van die gemeente-dogters wat die roeping as leraar aanvaar het en is nou leraar in Kimberley.

Map of VGK Die Goeie Hoop