Verwys.net

Kleinfontein, Kleinfontein, 1001 ,South Africa
Verwys.net Verwys.net is one of the popular Business Service located in Kleinfontein ,Kleinfontein listed under Business Services in Kleinfontein , Marketing Consultant in Kleinfontein ,

Contact Details & Working Hours

More about Verwys.net

Makliker as wat jy dink!

Verwys.net het kontrakte met verskeie maatskappye wat dienste in Afrikaans lewer. Hierdie maatskappye is bereid om R100 per suksesvolle verwysing te betaal. Verwys.net doen al die administrasie, afsprake, kommissie verdelings en kommunikasie tussen jou en die maatskappy vir jou.

Al wat jy moet doen is om te netwerk met die mense wat jy ken en hulle besonderhede te verskaf aan Verwys.net.

Maklik?

Vraag

Ja, dit is die maklikste, eenvoudigste en mees betalende bemarkingsagentskap waaraan jy kan behoort!

Vrae en antwoorde

Hoeveel kos dit my om agentskap te bekom?
Niks. Ja dit is reg. Daar is geen koste om te registreer as agentskap nie.

Hoe registreer ek?
Gaan net na die registrasie blad HIER en vul die eenvoudige vorm in. Daarna sal u ‘n epos ontvang met Verwys.net se aansoekvorm. U vul die aansoek sommer so op die epos in en stuur dan terug. U is nou geregistreer en kan kommissie verdien vir verwysings.

Registreer

Watter dienste en produkte kan ek my vriende vertel lewer julle?
Op HIERDIE bladsy word al ons produkte en dienste gelys.

Hoeveel kan ek verdien?
Elkeen van ons ken maklik 400 mense by die naam. Elkeen van hulle ken maklik 100 mense wat jy nie ken nie. Dit is jou kliëntebasis. Jy het toegang tot 40 000 mense wat gereeld dienste nodig het. Daar word gereken dat tot 70% van Afrikaanssprekendes in Sentraal Transvaal versekering het. Dit gee jou 28 000 mense wat jy kan verwys vir ‘n kwotasie op hulle versekering. As slegs 20% van die verwysings aktiewe kliënte word, beteken dit vir jou oor die half MILJOEN rand in kommissie!rand

Een verwysings per dag kan jou R3,000 aan die einde van die maand in jou sak bring….

Vyf verwysings per dag kan jou R15,000 aan die einde van die maand in jou sak bring….

Tien verwysings per dag kan jou R30,000 aan die einde van die maand in jou sak bring….

Hoe kry ek verwysings?
Praat met mense wat jy ken. En sommer ook met mense wat jy nie ken nie. Vertel hulle van die dienste en produkte. Indien hulle belangstel in enige een van die dienste, kry hulle naam en nommer. Stuur dit aan Verwys.net en sit terug en wag vir die kommissie!

Hoe word ek betaal?
Sodra die verwysing aktief word, word die betaling geskep op die stelsel. Aan die einde van die betrokke maand, word al die verwysingkommissies oorbetaal direk in die agent se rekening.

Enige Terme en Voorwaardes?
Ja daar is voorwaardes voor die verwysing registreer as positief en ‘n uitbetaling gebeur :
1. Die verwysing moet in Sentraal Trasnvaal bly.
2. Die verwysing moet kan Afrikaans praat
3. Die verwysing word eers aktief sodra hy aktiewe kliënt by een van ons verskaffers word. ‘n Kliënt word aktief sodra die eerste kommissie ontvang word. Dit kan tot maand lank neem.
4. Die agent moet vooraf met die verwysing praat en toestemming kry dat ons hom kan bel. Indien ons agterkom dat die agent nie met die mense gepraat het en toestemming gekry het nie, sal die verwysing nie geallokeer word teen die agent nie. Na 3 oortredings sal die agent van ons stelsel afgehaal word.

Kan ‘n agent ander agente onder hom aanstel?
‘n Agent kan mense onder hom aanstel om verwysings te soek. Ons dra geen egter geen verantwoordelikheid vir hulle nie en betaal die kommissie net aan die agent wat by ons geregistreer is.

Kwalifiseer ek as agent?
Om te kwalifiseer moet jy moet ouer as 18jaar wees, moet in Sentraal Transvaal bly, moet Afrikaans praat en jy moet ‘n bankrekening hê.

Map of Verwys.net