Uitsig Cottages Hoeko Vallei Route 62

Hoeko Vallei, Ladismith, Narine Prins
Uitsig Cottages Hoeko Vallei Route 62 Uitsig Cottages Hoeko Vallei Route 62 is one of the popular Hotel located in Hoeko Vallei ,Ladismith listed under Hotel & Lodging in Ladismith ,

Contact Details & Working Hours

More about Uitsig Cottages Hoeko Vallei Route 62

Indien jy wil wegbreek om in stilte te ontspan, kom ervaar ons hartlike gasvryheid, asemrowende uitsigte, vars plaaslug, skoon water asook natuurlike plantegroei. Ons bied ‘n opregte en rustige plaaservaring in ‘n veilige omgewing. Dit is geskik vir paartjies of gesinne wat graag persoonlike tyd wil geniet. Uitsig is tussen Ladismith en Calitzdorp in die Hoeko vallei geleë. Die twee kothuise, Hemelrand en Gelukstroom bied albei kalmte en pragtige uitsigte van die ongelooflike Swartberge wat jou omring van alle kante af. Hier kan jy ontspan weg van die gejaagde tempo van die lewe, en die natuurlike skoonheid van die Klein Karoo waardeer.

Uitsig is die ideale basis vanwaar gaste die Ladismith omgewing kan verken. Besienswaardighede soos Langenhofen se eerste huis in die Hoeko Vallei, die pragtige Seweweekspoort, Anysberg Nattuurreservaat, Towerkop- en Stanley se liggie- voetslaanroetes asook kaas van die plaaslike twee kaasfabrieke kan geniet. Die plaas bied lieflike staproetes deur die beeldskone Karoo-veld en bergfietsroetes op die stil plaaspaaie. Gaste kan ook piekniek hou, swem in die plaasdam-plonspoele, visvang of net ontspan terwyl hulle luister na die oorvloed voëls en kyk na die mooiste sonopkoms en ondergangs om die beste te maak van ons pragtige Karoo-dae. In die winter kom en gaan die sneeu op die berge.

Map of Uitsig Cottages Hoeko Vallei Route 62