Tygerberg Hoërskool ROK -Tiere

Fairfieldstraat Noord,, Parow, 7500
Tygerberg Hoërskool ROK -Tiere Tygerberg Hoërskool ROK -Tiere is one of the popular High School located in Fairfieldstraat Noord, ,Parow listed under Education in Parow , High School in Parow ,

Contact Details & Working Hours

More about Tygerberg Hoërskool ROK -Tiere

ROK (Rugbyondersteunersklub)
Ouerbetrokkenheid by die opvoeding van ons kinders is baie belangrik. Skole word nie net op grond van hul akademiese, kulturele of sportprestasies beoordeel nie, maar ook op grond van die ouer se belangstelling in die opvoeding van hul kinders. Die ouerhuis en die skool vorm `n vennootskap en daarom het ons die volle ondersteuning en samewerking van al ons ouers nodig.
Die doel van die ROK is om die kinders te ondersteun en om vir die ouers `n verteenwoordigende liggaam te wees. Hier kan elkeen sy/haar ten opsigte van die kinders, skool en rugby uitleef.
Die ROK-komitee bestaan uit `n dagbestuur, wat deur die lede op `n algemene jaarvergadering verkies word. Die dagbestuur bestaan uit ‘n voorsitter, onder-voorsitter, sekretaris/esse en tesourier. Komiteelede word verkies nl. verteenwoordigers vir elke ouderdomsgroep O/19, O/16, O/15 en O/14.
Tydens elke tuiswedstryd verkoop die ROK en behulpsame ouers boereworsrolletjies, hamburgers en chips. Die ROK pak elke jaar `n paar fondsinsamelingsprojekte aan.
Enige belangstellende kan `n lid van die ROK word, deur ledegeld te betaal.
Lidmaatskap bring die volgende voordele mee:
◾gratis koffie in die klubhuis tydens elke tuiswedstryd.
◾gratis versnapperings na elke tuiswedstryd.
◾`n kenteken dat jy deel is van die ROK.

Fondse deur die ROK ingesamel, word op die volgende maniere bestee:
◾hulp met rugbytoere
◾@lantic 7`s.
◾befondsing vir buite-afrigters.
◾mediese onkoste vir behoeftige kinders.
◾kursusse vir afrigters.
◾bydrae vir spelers wat presteer bv. Cravenweek.
◾prestige-aand vir alle matrieks en O/19A-rugbyspelers aan die einde van die seisoen.
◾aankope van enige benodigdhede vir die klubhuis.
◾herstelwerk aan klubhuis en foto`s vir klubhuis.
As `n ouer van die Hoërskool Tygerberg is dit `n eer om by die ROK betrokke te wees.

Map of Tygerberg Hoërskool ROK -Tiere