Tygerberg 104FM

Cnr of Fairfield and Williams Roads, Fairfield Estate, Parow, 7530 ,South Africa
Tygerberg 104FM Tygerberg 104FM is one of the popular Broadcasting & Media Production Company located in Cnr of Fairfield and Williams Roads, Fairfield Estate ,Parow listed under Media/news/publishing in Parow ,

Contact Details & Working Hours

More about Tygerberg 104FM

Ons is radio.

Tygerberg 104FM is ’n Christen Gemeenskapsradiostasie wat in 1993 teen die Tygerberg geplant is en gegroei het tot die grootste en mees suksesvolle gemeenskapsradiostasie in die Wes-Kaap.

Met ‘n luistertal van 415 927 (AMPS2013A) is Tygerberg 104FM ook die grootste Christen Gemeenskapsradiostasie in Suid-Afrika.

Omdat die voorsiening in die spesifieke behoeftes van ons gemeenskap Tygerberg 104FM se hartklop is, is die gehalte van ons toerusting, voortdurende opleiding van ons personeel en deurbraak innovering van ons programme, musiek, promosies en advertensies daarop gefokus om lewende klanke aan die luisteraar-oor te bring.

Tygerberg 104FM se X-faktor is vervat in sy roeping “om ons luisteraars te inspireer en te impakteer met die verlossingskrag van Jesus Christus”. Ons luisteraar-gemeenskap weet presies wat hulle gaan kry wanneer hulle inskakel op Tygerberg 104FM.

Boonop is Tygerberg 104FM in Mei 2014 beloon met altesame vyf gesogte MTN Radio Toekennings, waar onder Gemeenskapsradiostasie van die Jaar. Dit is die tweede keer in drie jaar dat Tygerberg 104FM wegstap met dié gesogte titel. Dié rekord getal toekennings span die kroon op die radiostasie se groei en vordering die afgelope 21 jaar. Tygerberg 104FM vier op 30 Augustus 2014 sy mondigwording en ons is trots daarop dit hy dit kan doen as Gemeenskapsradiostasie van die Jaar 2014.

Tygerberg 104fm. Ons lééf Christus!

Map of Tygerberg 104FM