Ek is passievol oor my kliënte en hulle behoeftes. My kliënte sal nooit die salon verlaat indien hulle nie 100% tevrede is nie.
Tesame met 'n Haarkapper afdeling en 'n volledige skoonheids afdeling, is dit die perfekte plek om 'n daggie eenkant te skuif vir 'n bietjie "me-time". Bederf jouself lekker van kop tot tone.
Met die warm atmosfeer en ons liefde vir mense voel 'n mens sommer tuis.
Met my eindelose liefde vir wat ek doen, kan u gerus wees dat u in bekwame hande is.
Of u ‘n tuisteskepper is en of u in ‘n top Bestuursposisie is, sal ek die beste sisteem aan u voorstel vir u spesifieke behoeftes.