The Whale View - 3 Ster Selfsorg Akkommodasie Witsand

28 Main road, Witsand, 6666 ,South Africa
The Whale View - 3 Ster Selfsorg Akkommodasie Witsand The Whale View - 3 Ster Selfsorg Akkommodasie Witsand is one of the popular Hotel located in 28 Main road ,Witsand listed under Hotel in Witsand , Real estate in Witsand ,

Contact Details & Working Hours

More about The Whale View - 3 Ster Selfsorg Akkommodasie Witsand

The Whale View 3-ster Selfsorg Akkommodasie is in die klein kus-dorpie Witsand geleë.
Kom rus, besoek en verlustig jouself in ons asemrowende uitsig oor die Oseaan en Rivier terwyl jy ontspan in die lieflike vakansie huis.
Die huis het 2 aparte eenhede bo- en -onder wat beide hulle eie ingang het.
Elke eenheid lyk presies dieselfde binne-in en kan apart verhuur word.
Eenheid 1 (BO):
3 Slaapkamers, elk met 'n en-suite badkamer. Jy het 'n pragtige see-uitsig van die hoofslaapkamer af met skuifdeur wat uitloop op balkon, oopplan-kombuis, leef- en -sitkamer. Die oopplan-kombuis is volledig toegerus met alle kombuisgereedskap, toebehore. Dit het 'n platskerm-TV met DStV (op aanvraag). Die eenheid het ‘n onderdak privaat braai area wat uitkyk oor fynbos, landerye en berge. Die kersie op die koek is die balkon wat oor die Oseaan kyk en as jy gelukkig is kan jy walvisse van hier af bekyk.

Eenheid 2 (ONDER):
3 Slaapkamers, elk met 'n en-suite badkamer. Jy het 'n see-uitsig vanaf balkon, hoofslaapkamer met skuifdeur wat uitloop op balkon, oopplan-kombuis, leef- en -sitkamer. Die oopplan-kombuis is volledig toegerus met alle kombuisgereedskap, toebehore. Dit het 'n platskerm-TV met DStV (op aanvraag). Die eenheid het ‘n onderdak privaat braai area aan die buitekant van die huis met ‘n kuier-area.

Die hele huis bo-en onder kan 'n totaal van 12 volwassenes akkommodeer.
As julle minder mense is kan net een van die eenhede bo- of onder verhuur word.

Die eenheid bied totale privaatheid aan die besoeker met sy eie ingang en veilige parkering op die perseel. Badhanddoeke en linne word voorsien.


Map of The Whale View - 3 Ster Selfsorg Akkommodasie Witsand