Studio 47 B&B

47 Willem Olckers Street, Despatch, 6220
Studio 47 B&B Studio 47 B&B is one of the popular Hotel located in 47 Willem Olckers Street ,Despatch listed under Hotel in Despatch ,

Contact Details & Working Hours

More about Studio 47 B&B

Hier is vir jou ‘n luukse kamer met ‘n rustige atmosfeer wat sal voel asof jy vyfster bly. Dit het ‘n privaat ingang met veilige binne parkering.
Die groot kamer wat voorheen ‘n fotografie en troue décor ateljee was, is omskep in ‘n gerieflike en private oorbly plek wat uitkyk op die swembad en tuin. Die unieke dekor gee ‘n gevoel van landelikheid en sjiek met ‘n tikkie van romans. Hier kan jy lekker droom. Dit is ook ideaal vir aantrek plek vir ‘n bruid en haar bruidsmeisies.
‘n Oopskuifdeur lei na die swembad en braai area wat beskikbaar is vir gaste se gebruik. Reël met ons as jy ‘n vleisie op die kole wil gooi.
Die kamer het ‘n dubbelbed, ‘n driekart bed asook ‘n enkelbed. Dit is oopplan met een badkamer met ‘n stort.
Ons bied DSTV en Wi-Fi, asook tee- en koffiegeriewe met ‘n yskas en ‘n mikrogolf.
Ontbyt word bedien in die kamer of in die tuin. Aandetes kan ook bedien word op aanvraag.
Ons is omring met besienswaardighede wat naby geleë is;
Addo Olifantpark 45 minute
Port Elizabeth 30 minute
Jeffreys Baai 50 minute
Baviaans Kloof 90 minute
Shamwari 45 minute
Volkswagen Pavilion
Kragga Kamma game reserve
Seaview Lion Park en vele meer.

Map of Studio 47 B&B