Ontstaan
Thys Cronje bou sedert 1974 af op Stilbaai. Hy het saam met sy pa, Thys Cronje, begin bou en sodoende die familie besigheid voort gesit. In 2010 het sy seun, Carl Cronje, by die besigheid aangesluit en MJ Boukontrakteurs het tot stand gekom. Hierdie is dus bouers wat gebore inwoners van Stilbaai is en jare se ondervinding agter die blad het. Orals in Stilbaai en Jongensfontein staan huise wat deur die familie gebou is.
Visie
MJ boukontrakteurs help bou aan u droom.
Missie
Om op ‘n eerlike, betroubare en deeglike manier ‘n middeweg te vind tussen wat die kliënt verg en wat prakties moontlik en ekonomies is.