Stilbaai Kelders

Voortrekkerstraat 17, Stilbaai, 6674 ,South Africa
Stilbaai Kelders Stilbaai Kelders is one of the popular Shopping & Retail located in Voortrekkerstraat 17 ,Stilbaai listed under Shopping/retail in Stilbaai , Liquor Store in Stilbaai ,

Contact Details & Working Hours

More about Stilbaai Kelders

STILBAAI KELDERS beskik oor 'n wye verskeidenheid uitsoekwyne van veral die Robertson-vallei, Elim en selfs sover as die Weskus.
Die 'plaaslike' wyne van Riversdal (Baleia Wines en Aan't Vette) asook Herbertsdale (Jakkalsvlei) en 'n entjie verder in die Karoo - Calitzdorp, Ladismith, Bonnievale, Barrydale en Montagu - asook wyne nader aan die mees suidelike punt van Afrika in die Struisbaai-omgewing, is ook by ons beskikbaar.
Al die ander gewilde drank en bier kan ook by ons teen mededingende pryse aangeskaf word. Kyk veral uit vir ons boetiek-jinewer en die plaaslik-vervaardigde Inverroche Gin asook ons verskeidenheid 'single malt-whiskeys.
Ons verskeidenheid boetiekbier word saam met die ander bier yskoud gehou. Vra ons gerus uit oor ons 'craft beer'.
Ons hou ook olyfolies en olywe aan!
Vind uit oor ons wynproe-geleenthede en sluit aan by ons Wynklub - lede ontvang afslag op alle wynaankope.
Laat ons kwoteer vir alkoholiese verversings vir troues en ander funksies.
Ons verhuur ook glase vir funksies.
Ys, koeldranke, geskenke, hout - kom kry dit gerus by ons!

Map of Stilbaai Kelders