Seeff Riviersonderend

Hoofweg 26, Riviersonderend, 7250 ,South Africa
Seeff Riviersonderend Seeff Riviersonderend is one of the popular Real Estate located in Hoofweg 26 ,Riviersonderend listed under Real estate in Riviersonderend ,

Contact Details & Working Hours

More about Seeff Riviersonderend

“n Sprokie vir die Overberg
Geskryf deur Fred Boshoff
Hier is ‘n sprokie vir jou..
Toe God byna klaar geskep het, kyk Hy terug en sien ‘n stukkie vaal plat aarde waar geen mens ooit op sou kon woon nie. Daarvoor was dit te onherbergsaam en leeg en plat.
Hy steek toe Sy groot hand in sy skeppingsak en haal ‘n bol klei uit.
Hy lê dit op die stukkie agtergeblewe aarde en met Sy hande begin hy berge bou.
Nou raak Hy onkeerbaar in Sy skeppingsdrang en bou massiewe berge en kranse vanaf die Kaap na die Karoo .
Hier by Riviersonderend en Swellendam bou Hy sommer sewe reekse dig teenmekaar. Op ‘n skoon dag kan jy op sekere bergpieke nog God se duimdruk sien soos Hy die pieke tussen duim en voorvinger gedruk en gevorm het.
Toe trek die Skepper met sy voorvinger diep slote in die aarde onder die berge en spu daarin en daar vorm Hy bruisende riviere wat vandag nog vloei.
Nog was Hy nie tevrede nie, die stukkie aarde was te plat, daarvoor het Hy tog die Vrystaat beplan vir mielies om in te floreer.
Met die klei vorm Hy toe heuwels, knewels van bulte en noem dit die Ruens.
Hy vroetel toe weer in sy sak en haal klein boompies uit – bloekoms, denne, melkhout – ag noem ‘n boom en dit was daar en plant groot plantasies langs die riviere en op die Ruens.
Hy blaas toe sag oor die bome en berge en miljoene veelkleurige voëls en skoenlappers borrel uit Sy mond en sak oor die landskap neer – kyk hoe swerm en swenk die mossies oor die landskap. Kyk hoe trots en krukkerig pronk die Bloukraanvoëls hier. In hierdie kloof met sy fel ligf ladder swerms kleurige Keiserskoenlappers rond - en in die vlei kwaak paddas in een koor –mikropaddas, ivoorpaddas.
Hy neem toe ‘n palet uit sy skeppingsak en buisies verf, meng die kleure kwistig en met goddelike kwas begin Hy die berge verf. Swart, bruin, blou, groen met blou en wit bruisende watervalle en bergstroompies.
Hy rond dit af met wit en silwer wolkies en mis wat sag skaars aan die bergtoppe raak. wit mis bollend en sag soos stuifmeel om die ruwe rotse en die sagte sis van reën soos God se seën oor die honger rooi grond heen; wit lugborrels breek die lig, vlokke lig dryf weg.
Hy kleur die riviere blou en ruisend wit en die landskap in ‘n lappiesland van geel en groen. Nêrens anders blink riviere so. Nêrens anders is die lug so fel blou. Nerens anders staan die berge so stug op wag.
Hy skakel toe die klank aan. Luister, luister na die gekwetter van duisende voëls, die donderende watervalle, die ruisende riviere en kwetter van voëls, die geblêr van skape en lammers en luister na die oorverdowende stilte soms.
Hy het ‘n spesiale skakel agter die berge ingebou wat aanskakel sodra die son begin sak. Nêrens anders sak die son so rooi soos ‘n oopgebarste granaat.
Hy noem die toe die Overberg. Hy het gesien dit was goed.

Map of Seeff Riviersonderend