Eminence Secunda

26 EG Jansen Street, Secunda, 2302 ,South Africa
Eminence Secunda Eminence Secunda is one of the popular Religious Center located in 26 EG Jansen Street ,Secunda listed under Non-profit organization in Secunda , Pentecostal Church in Secunda ,

Contact Details & Working Hours

More about Eminence Secunda

Ons weet wat dit is wat pla. Ons verdoof onsself met vermaak, musiek, vriende, werk, gejaag na geld en geluk of sommer net geldmors. Ons sit gewoonlik aandagtig en kyk na ons foon skermpies en lees of ‘text’ iemand anders terwyl ons mense om ons het wat smag na geselskap en vriendskap. Dit is die tekens van ons tyd, almal is ge’connect’ maar niemand is werklik vriende nie, almal weet wat het die Kardashians vir middag ete geëet maar ons ken skaars ons buurman. Ons sien mense met musiek permanent in hul ore geprop en Whatsapp boodskappe wat gesprekke afknip sonder dat enige iemand ‘n oog knip. Ons het alleen geraak in die chaos van die skares wat ons omsingel. Ons wil alles gereed en in kits vorm hê, so ook ons verhoudings, en ons denke omtrent God. As ons nie dadelik ‘n antwoord kan kry nie, dan beweeg ons aan sonder om te wag. Sonder om tyd te maak vir God...

Ons gemeente soek die hart van God. Eerlik en opreg en in stilte. Sonder enige fieterjasies. As jy siek en sat is daarvoor om siek en sat te wees kom sluit by ons aan en leer Hom ken soos Hy is. Op Sy tyd.

Indien jy sou belangstel om ons te wil besoek of meer inligting aangaande ons gemeente te wil bekom, kan jy ons kontak by info@secundaimmanuel.co.za of jy kan gerus die kantoor skakel.

Want jy is nie jou Facebook tydlyn nie en ons wil graag die regte `jy' leer ken.

Map of Eminence Secunda