Rus En Vrede Rivierkamp

Farm De Hoop, Groblersbrug,
Rus En Vrede Rivierkamp Rus En Vrede Rivierkamp is one of the popular Hotel & Lodging located in Farm De Hoop ,Groblersbrug listed under Hotel & Lodging in Groblersbrug ,

Contact Details & Working Hours

More about Rus En Vrede Rivierkamp

Lieflike rivierkamp teen die Limpopo rivier met gerieflike hout huisies geskik vir enige iemand met 'n liefde vir die natuurskone bosveld. Rus en Vrede is op 'n wilds-en groenteplaas op die wal van die Limpopo rivier naby die Groblersbrug/Maartin's Drift grenspos na Botswana geleë. Dit is 'n oase van rustigheid en vrede waar jy kan ontspan en die betowering van die Limpopo rivier en die kans om vars lug in te asem, kan ervaar.

Selfsorg verblyf met elektrisiteit. 5 Houthuisies met 'n sentrale kombuis-lapa met dek wat uitkyk oor die rivier. Ten volle toegerus met gasstoof, mikrogolf, yskas en vrieskas. Groot braai-area - alle potte, panne, roosters en eetgerei word voorsien. Windpomp met plaasdam maak voorsiening vir lekker afkoel in die somer soos dit net op die plaas gedoen kan word!

Map of Rus En Vrede Rivierkamp