Roodie Akademie Naskool Sentrum

102 Wilde Amandel, Roodekrans,
Roodie Akademie Naskool Sentrum Roodie Akademie Naskool Sentrum is one of the popular Day Care located in 102 Wilde Amandel ,Roodekrans listed under Day Care in Roodekrans , Public & Government Service in Roodekrans ,

Contact Details & Working Hours

More about Roodie Akademie Naskool Sentrum

* Ons akkomodeer GrR – Gr7 leerlinge wat in Laerskool Roodekrans skool gaan. Ons het 2 persele: Roodie Akademie Jnr vir Graad R en 1. Roodie Akademie Snr vir Gr 2 - 7.

* Ons bied toesig gedurende die middag en Hulp met huiswerk en leerwerk.

* Middagete word bedien, spyskaart word weekliks uitgestuur.

* Daar is DVD’s en bordspeletjies om kinders na studietyd en vakansies besig te hou .

* Badkamers afsonderlik vir seuns en dogters.

* Ons is lekker naby aan Laerskool Roodekrans. Perseel is 60m vanaf Laerskool Roodekrans. 102 Wilde Amandel Roodekrans.

Ons is oop gedurende vakansies van 6:30 - 18:00.

Kom loer gerus!!

Navrae: 0823899059


Naskoolfonds:
In die verlede was naskoolfonds betaalbaar oor 12 maande. (1 Januarie tot 1 Desember) Daar is besluit om die fooi oor 11 maande te verhaal. Fooi verander van R1000 na R1 200.00 per kind per maand.

Sluit tye: Ons vra al die ouers se samewerking in hierdie verband. Roodie Akademie Jnr sluit om 17h00. Roodies word dan oorgeneem na die Snr kant. Roodie Akademie Snr sluit STIPTELIK om 18h00. Indien daar ‘n probleem opduik, tref asb. alternatiewe reëlings vir die haal van jou Roodie. Let wel: Ons kan onder geen omstandighede later oop bly nie aangesien die meederheid van my personeel na ure studeer en dan klas mis indien hulle moet laat bly.

Huiswerk:
Watter huiswerk word nie by die naskool gedoen nie?
#Die uitknip, plak en lamineer van prente.
#Aanvullende lees: Dis opsioneel – Leeswerk wat deel is van huiswerk word wel deeglik gedoen.
#Navorsing, take en praaitjies.
#Indien jou Roodie afwesig was aanvaar ons nie verantwoordelikheid vir daardie dag se huiswerk nie. Indien Roodie vroeg moet huistoe gaan, sms ons vroegtuidig en ons sal ons bes doen om die huiswerk klaar te kry.

Die persoon wat jou Roodie se huiswerk doen se sel nommer sal VOOR in jou Roodie se dagboek geplak word. Kontak haar gerus indien daar enige navrae is. Enige opdragte waarmee jou Roodie sukkel sal aan jou uitgewys word in hul dagboek. Loer asb. daagliks in die dagboek of daar enige kommunikasie is.
Graad 4-6
Roodies skryf elke Donderdag toets. Indien moontlik, moet asb. nie jou Roodie voor 16h45 kom oplaai nie, sodoende kan ons kwaliteit aandag gee aan werk. Huiswerk is eerste prioriteit. Aktiwiteite se tye verskil van die grondslagfase sin en dit maak dit onmoontlik om volgens ‘n tydrooster te studeer. Ons neem les vir les en help waarmeer die Roodie sukkel deeglik aangesien daar nie genoeg tyd is om sin vir sin te leer nie. Leerwerk MOET asb. tuis ook voorgesit word en Roodies moet reeds op die naweek begin leer anders gaan hulle nie byhou nie. Soms is dit baie werk, veral met leer vakke.

Vakansie: Ons is oop vanaf 06h30 tot 18h00 – GRATIS. Snr kant open om 06h30 en sluit stiptelik 17h30. Roodies kan soggens voor 08h00 aan Snr kant afgelaai word. Jnr kant open 08h00. Indien Roodie na 17h00 huistoe gaan sal hulle aan die Snr kant wag soos gedurende skooltyd.Ons bied glad nie meer ‘n formele uitgekontrakteerde program aan soos vorige jare nie. Ons bedien nie ontbyt nie,maar wel middagete om 13h00 en happietyd om 15h00. Pak asb ietsie lig in vir die laatoggend – stadig met die lekkkers asb!.

Map of Roodie Akademie Naskool Sentrum