Rocklands Game Farm

Get Address from Danie, Britstown,
Rocklands Game Farm Rocklands Game Farm is one of the popular Agriculture located in Get Address from Danie ,Britstown listed under Agriculture in Britstown ,

Contact Details & Working Hours

More about Rocklands Game Farm

Geagte Jagter/Karoo Liefhebber
JAGGELEENTHEID OF AKKOMODASIE IN DIE PRAGTIGE KAROO
Soek jy en jou jagvriende of jy en jou seun of familie jagplek in die Karoo?
Wil jy en jou familie net bietjie wegbreek na ‘n Karooplaas?
Indien wel is dit vir ons aangenaam om u bekend te stel aan ‘n nuwe jag en gaste plaas in die Karoo met die naam Rocklands Game Farm.
Die plaas is geleë in die pragtige Karoo tussen Britstown en Prieska en word u van volledige gps koordinate en rigtingaanwysings voorsien op bespreking van u jag of verblyf.
Die plaas word gekenmerk deur tipiese Karoo koppies en rante bestaande uit swart ysterklip en karoo plantegroei en is hierdie werklik ‘n jag ,stap of bergfiets avontuur.
Ons beroepsjagter vat u uit op ‘n “walk and stalk” jagtog wat u nooit weer sal laat terugverlang na enige ander jagmetode nie. Vir die Jagter wat se bene nie meer so rats is soos ‘n springbok se bene nie span ons graag ons jagvoertuie in.
Die plaas was aanvanklik die tuiste van groot Dorper kuddes wat verskei male die slaglam kompetisie in die streek gewen het maar met die afsterwe van ons geliefde Pa en Oupa met die naam Danie Botha (Johannes Petrus Daniël Botha) was die plaas nagelaat aan sy seun Dr JPD Botha (Johan) welke sedert 1985 en tot vandag toe nog as Mediese Dokter praktiseer in die dorpie Koffiefontein.
Oupa se kleinseun Danie Botha (JPD Botha Jnr) en skrywer van hierdie brief, praktiseer as ‘n prokureur in Welkom en het saam met pa besluit dat uit die aard van ons professies en die afstand tussen ons en die plaas ons graag die plaas wil omskep in ‘n wildsplaas met gedeeltelike Dorper boerdery en het ons klein-neef ,Johan Greyling ,welke ‘n uiters bekwame Beroepsjagter is, aangestel as Rocklands se plaasbestuurder.
Ons eerste kliënt ‘n Dr De Viliers van die Kaap het direk na sy eerste jagtog skrywer hiervan geskakel en die volgende met dankbaarheid verklaar : “ Danie ek wil julle komplimenteer met ‘n pragplaas en uiters professionele Beroepsjagter sowel as werkers wat elke stukkie van die ou tradisionele plankvloere politoer in die fynste detail en dan boonop gister se klere van my opvou en netjies in my tas plaas, kan ek sommer nou al bespreek vir volgende jaar” ‘n week later bel die Dok my terug en laat weet dat volgende jaar te ver is en dat hulle weereens nog ‘n jagnaweek reserveer in dieselfde jagseisoen. U kan die Dok kontak by 0844724000 as verwysing.
Verblyf word aangebied in ‘n ou tradisionele vyf slaapkamer karoo huis waarvan die plank vloere nog kraak as jy iewers heen loop en verbeel ek my nou nog ek hoor die twee kort en een lange lui van die destydse sentrale en almal wat inluister op die prys waarvoor oupa daai karoolammers verkoop.
Al ons gaste en jaggroepe bly afsonderlik en privaat in die Karoohuis en deel nie die huis met ander jaggroepe nie.
Johan ons bestuurder en beroepsjagter bly in ‘n woonstel reg langs die huis en is altyd tot u beskikking.
U bed word elke oggend opgemaak deur ons huishulpe en die vorige aand se skottelgoed word vir u gewas.
Ons verskaf die beddegoed en kan u daai plekkie wat die beddegoed opneem eerder gebruik vir nog ‘n biltongvleisie.
Krag word enige tyd aan u voorsien deur middel van ‘n kragopwekker maar verkies die meeste van ons gaste die stilte van die Karoo en werk ons met sonpaneel liggies in elke kamer. Indien u egter krag verkies voorsien ons dit met graagte.

Die akkomodasie is selfsorg en kan u self al daai lekkernye en drankies saambring maar beskik die huis oor ‘n gasstoof gasvrieskas en gasyskas.
Alle eetgerei bekers , glase ,braaibakke en braaitange word voorsien. Bring net u eie ys want ys is so skaars soos kreef in die Karoo.
Onbeperkte vuurwarm water word voorsien deur ‘n gasverwarmer vir die koue Karoo aande.
Hout word gratis voorsien vir elke aand se kampvuur.
Daar is koel en slaggeriewe op die plaas en kan u op lekker groot staaltafels u eie wild bewerk deur nog n dag of twee na die jag aan te bly.
Karoolam is ook op vooraf bespreking beskikbaar.
Kom geniet u volgende jagtog by ons of kom ontspan bloot in die Karoo waar ‘n selfoon geen of beperkte opvangs het. Daar is egter ‘n fasiliteit om uit te skakel maar geen internet toegang.
Indien u sou belangstel kan u ons akkomodasie en wild pryslys aanvra deur ‘n epos te versend aan my by oryx@namakaroo.co.za of u kan my direk kontak, sms of whatsapp by 0828286579.
Elke kwotasie word persoonlik en individueel volgens u behoefte bespreek en beplan en is klientediens en ‘n goeie naam ons eerste prioriteit.
Ons doelstelling is, om slegs wild wat eie is aan die Namakaroo streek te vestig , eties te jag en vir ons nageslag te bewaar.
Ons wag op u epos of oproep om vandag nog u karoo jagtog of verblyf te bespreek.
Vriendelike Groete

Map of Rocklands Game Farm