Rietvlei Akademie

Jochem Straat 58/1, Rietvalleirand, Pretoria, ,South Africa
Rietvlei Akademie Rietvlei Akademie is one of the popular Private School located in Jochem Straat 58/1, Rietvalleirand ,Pretoria listed under Education in Pretoria , Educational Service in Pretoria , Private School in Pretoria ,

Contact Details & Working Hours

More about Rietvlei Akademie

Rietvlei Akademie is 'n private Afrikaanse Christelike skool in Pretoria-Oos wat fokus op kinders met aandagafleibaarheid (ADD) en/of hiperaktiwiteitsindroom (ADHD). Rietvlei Akademie het op 3 Mei 2005 sy deure oopgemaak en met slegs 2 leerders begin. 'n Lang, maar baie opwindende pad het gevolg en vandag, 8 jaar later, staan die skool 100 leerders en 15 personeel sterk!

Die hoofstroom kurrikulum word gevolg met die leerders, maar die werk word meer vereenvoudig en "kinder-vriendelik" gemaak. Ons maak baie van breinkaarte en diktate gebruik, sodat die kinders nie soveel ure hoef te spandeer aan opsommings en afskryf van werk nie. Min take word gegee en die huiswerk word ook drasties verminder sodat ons kinders se moed nie gebreek word nie. Daar is nooit meer as 12 leerders in 'n klas nie en al ons personeel is gekwalifiseerde onderwyseresse, met 'n werklike passie vir hierdie lewenslustige kinders.

Rietvlei Akademie is op 'n plot van 1.2 hektaar geleë, wat sodoende heerlike speel en hardloopplek vir ons kinders bied. 'n Rustige plaasatmosfeer heers by die skool en ons glo hier dat vuil en moeë kinders gelukkige kinders is. 'n Leessentrum op die perseel met 'n kundige op die gebied, maak 'n nuwe leeswêreld vir ons kinders oop. Visuele terapie en berading word ook, op 'n addisionele grondslag, aangebied.

Kuns word aangebied deur 'n kundige met 'n hart wat warm klop vir ons kreatiewe outjies en dit vorm deel van ons leerlinge se sillabus. Die aller-mooiste kunswerke sien week na week die lig by Rietvlei Akademie. Liggaamsopvoeding (die ou LO) vorm ook deel van die leerders se skoolprogram en leerders kry die geleentheid om te leer swem en ook om verskeie fisiese vaardighede aan te leer. Elke Maandag gedurende pouse, word daar CSV aangebied vir die leerders wat belangstel. Ons poog daarin om ons leerders se geestelike magies vol te hou!

Rietvlei Akademie begin om 08:00 en sluit onderskeidelik 13:00 en 13:30 vir junior- en seniorleerders. Die skool sluit gewone skoolvakansies, met die uitsondering van die Oktober reses wat altyd die dag voor die vakansiedag (24 September) in aanvang neem. 'n Naskoolsentrum is op die terrein beskikbaar.

Hier klop ons harte warm vir die kind wat nie in die lewe se "boksie" pas nie. Sprei jou vlerke, en vlieg hoog!



Wat maak Rietvlei Akademie Privaatskool anders as hoofstroomskole ?


Daar is slegs 10 tot 12 leerders per klas. Werk word met 'n Remediërende aanslag aangebied, in die juniorfase deur goed opgeleide personeel, wat 'n passie het vir dit wat hulle doen en nie oorlaai word met adminstratiewe take nie. Rietvlei Akademie is Afrikaans en streef Christelike waardes na. By Rietvlei Akademie is dit vir ons belangrik dat die kinders besef dat om anders te wees nie noodwendig beteken jy is verkeerd nie.

Watter grade word tans aangebied ?

Tans word Graad 1 tot Graad 7 aangebied.



Waarnatoe in graad 8 ?

Sommige van ons leerders skakel terug in die hoofstroomskole bv. Waterkloof Hoërskool, en die wat steeds 'n kleiner klasopset verkies, word aanbeveel na Duo Edu, wat 'n privaat hoërskool is.

Op watter sillabusse word daar gewerk ?

Ons gebruik die silabusse van die Gautengse Departement van Onderwys, m.a.w. die Hoofstroomkurrikulum word gevolg.



Wat is die koste verbonde aan die skool?

Die fooie vir 2013 beloop R2800-00 per maand betaalbaar oor 11 maande. Daar is elke jaar 'n registrasiefooi van R2500-00 betaalbaar. Alle leermateriaal en sommige van die skryfbehoeftes word van 2012 aan die leerders voorsien

Map of Rietvlei Akademie