Poprockerz

8 Viljoen Road, -NA-, 0157
Poprockerz Poprockerz is one of the popular Education located in 8 Viljoen Road ,-NA- listed under Education in -NA- ,

Contact Details & Working Hours

More about Poprockerz

[English groups also available on request]

Poprockerz is gebasseer op 'n paar unieke beginsels wat verder gaan as gewone musieklesse:

Die oudersfase wat betrekking het is oor die algemeen laerskoolkinders. Uitsonderings word gemaak om ouer kinders of volwassenes te akkomodeer.

Kinders leer van so vroeg moontlik af om in 'n groep te speel.
Trouens, hulle leer van die begin af verskillende instrumente. Die hoofinstrumente voordat kinders later self besluit is kitaar (akoesties en elektries), baskitaar, klavier en keyboard asook dromme.

'n Betekenisvolle deel van Poprockerz behels musiekwaardering van alle style; dus nie net 'Pop' (populêre musiek) of Rock musiek nie.

'n Belangrike deel van die ervaring handel oor om kinders se karakter te bou en daar word deurgaans met 'n familieterapie-agtergrond temas in die leer ingewerk.

Musiek is veral 'n sosiale aktiwiteit en kinders kry geleentheid om oor sommige naweke musiek kampe by te woon. Hier word hulle blootgestel aan instrumente wat hulle andersins nie sommer sou nie ('double bass'/ kontrakbas, saksefoon, verskillende soorte perkussie en meer)

Daar is natuurlik individuele lesse beskikbaar veral vir instrumente wat nie aanvanklik maklik in 'n groepsverband gaan pas nie soos viool.

Sang is 'n gegewene en almal gaan altyd op een of ander manier saam sing soos ons as 'n groep in 'n repertoire bou.

In die laerskoolfase kan ouers sommer saam kinders les neem en dan word daar saam liedjies geskryf en saam musiek geleer (wat verskeie emosionele winspunte inhou vir kinderontwikkeling, om 'n sterk band te vestig en meer)

Die kern van wat Poprockerz bied is egter kleingroeples juis met die oog op saamspeel. Kinders word in sessies ingedeel. 'n Sessie kan 2-5 kinders op 'n slag hanteer van sowat 45min.

Ouers sal van tyd tot tyd genooi word vir sosiale huiskonsert geleenthede, braais en meer waarin musiek sentraal sal staan. Dit is vir ons belangrik omdat Poprockerz meer is as net individuele musiekles. Die kinders vorm 'n 'life-band' waarin hulle leer van musiek, die lewe, ouer-kind verhoudings, om uit te kyk vir mekaar en meer. Let wel hulle hoef nie hiervoor in die selfde skool te wees nie maar hulle sal bepaald weet hulle het 'n plekkie waar hulle 'behoort' 'tuis' is en 'n span is.

Ouers moet asseblief weet dat Poprockerz se musiek repertoire insluit geestelike liedjies wat tipies gesien word as kinder 'praise & worship.' Daar is dus 'n geestelike aspek aanwesig hoewel dit nie pertinent daaroor handel of as 'n oogmerk stel nie.

Wat wel 'n oogmerk is, is die sielkundige onderbou waarin ons kinders by wyse van musiek help om hulle emosie uit te druk. Gevolglik is Poprockerz ideaal om as 'n vennoot te beskou indien u kind om welke rede n terapeut sien. Poprockers word hanteer deur myself (Elmo Pienaar) as 'n PhD gekwalifiseerde Pastorale Familieterapeut. Vanwee 'n vertrouensverhouding wat gebou word is dit dus ideaal om indien ooit nodig terapie verder te verken waar juis dan musiek en kunste gebruik word. Daar is wel beperkte plek beskikbaar vir beide terapie en musieksessies en word daar van 'n netwerk van kinderterapeute en ander gebruik gemaak sou dit nodig wees.

Map of Poprockerz