Platdrif Sussex

Rawsonville,
Platdrif Sussex Platdrif Sussex is one of the popular Agriculture located in ,Rawsonville listed under Agriculture Company in Rawsonville ,

Contact Details & Working Hours

More about Platdrif Sussex

Nollie Stofberg het in 1985 kommersiële Sussex aangeskaf maar na 8 jaar is daar besluit om op die stoetbedryf te fokus. Die rede hiervoor is dat die grond in die Wes-Kaap baie beperk is en dat hy waarde tot die bestaande boerdery wil toevoeg.

Hy het toe met die Sussex stoet in 1994 begin deur vroulike diere van Mardenel-, Start- en Huntersvlei stoeterye aan te skaf. Die vroulike diere word geselekteer vir gladde haar, vrugbaarheid en melkproduksie. Die grootte van die stoet is so ±70 vroulike diere en loop op suurveld weidings met koue, nat winters en warm somers.

Die diere op Platdrif word ook onderwerp aan prestasietoetse (BLUP) en visuele keuring wat ‘n belangrike aspek uitmaak. Sedert die ontstaan van die stoet is top stoetbulle aangeskaf van Eversar-, Mampudi-, Huntersvlei- en Stotterheim stoeterye.
Verskeie van hierdie bulle het ‘n groot invloed gehad om Platdrif Sussex op die wenpad te plaas. Streng seleksie word toegepas vir bespiering, gladde haar, diepte van lyf en groei.

Platdrif Sussex genetika is jaarliks beskikbaar tydens die Nasionale Veiling in Bloemfontein (manlik en vroulik), die Kuruman bulveiling en Peet Cilliers Produksieveiling te Upington (manlik en vroulik). Die Platdrif genetika vaar uitstekend in groot dele van Suid-Afrika sowel as in Namibië.

Map of Platdrif Sussex