Overberg Leessentrum

Swellendam, 6740 ,South Africa
Overberg Leessentrum Overberg Leessentrum is one of the popular Education located in ,Swellendam listed under Education in Swellendam ,

Contact Details & Working Hours

More about Overberg Leessentrum

Een van die dae kan jul kom aanklop by die Overberg Leessentrum in Swellendam om jou kind se toekoms ‘n hupstoot te gee.

Die laaste paar jaar heers daar oral groot kommer oor die afname in leesvaardigheid by leerlinge.

Die progressiewe agteruitgang van leerlinge se vermoë om met begrip te lees, veroorsaak ‘n hele rits van probleme, omdat leesspoed ook leervermoë bepaal. Hoe vinniger en effektiewer die leerling kan lees, hoe beter sal hy in al sy vakke presteer.

As gevolg van groot getalle leerders in klasse kan dit ook gebeur dat die leerling nie sy volle akademiese potensiaal bereik nie bloot omdat sy swak leesvermoë hom terughou. Nadat ek verskeie leesprogramme bestudeer het, het ek besluit op ‘n rekenaar gebaseerde program. Die program beskik oor ‘n uitgebreide bron van oefeninge en leesstukke.

By die Leessentrum
In die veilige omgewing van die leersentrum kan die leerling teen sy eie spoed en ook op sy eie vlak vorder. Die leerlinge kompeteer nie teen mekaar nie, maar vorder teen sy eie unieke tempo.

Overberg Leessentrum bied ‘n tweetalige Laer — en Hoërskool program . Die doel van die Leessentrum is om algehele akademiese vordering by die leerder in alle vakke te bewerkstelling.
Daar word van verskillende visuele persepsie –oefeninge gebruik gemaak wat ondersteunend tot die leesaksie is, asook van ‘n wye verskeidenheid leestegnieke om die doel te bereik.

Waar begin ek met ‘n Leerder?
Leerders word aan die begin van die program geevalueer om spesifieke Leesprobleme of potensiaal te identifiseer en ook huidige leesvermoë en leesspoed te bepaal.
Elke leerder se program is aangepas volgens sy eie vermoë en leesspoed. En werk hy/ sy volgens sy eie tempo.

Die leerder word voortdurend gemonitor en verslae word aan einde van kwartaal aan ouers verskaf, so verseker ek vordering by lesers asook die kwaliteit van die sentrum.

Waaruit bestaan die program:
Visuele Persepsie en Ontwikkeling
Spel en Woordbou oefeninge
Konsentrasie en Geheue oefening
Nege verskillende Leestegnieke
Oogspanwydte en Oog
bewegingsoefening
Opskerp van Taalvaardighede
Woordsomme
Leestegnieke sluit onder ander in
Progressiewe Lees
Oogbewegings Lees
Fiksasielees
Merklees
Ontwikkeling van Leesvaardighede:
Verbeter Leesspoed
Verbeter begrip
Ontwikkel Spellingvaardighede
Geheue - Oefeninge
Woordbou - Oefeninge
Inoefen van Sinskonstruksie
.


Skakel my gerus:

Indien u meer wil weet oor die Overberg Leessentrum .
Indien u belangstel om u kind se Lees en Leer toekoms ‘n hupstoot te gee !!
Beperkte plekke beskikbaar

Onthou !! ‘
‘n Leerprobleem is dikwels ‘n Leesprobleem .




Map of Overberg Leessentrum