Osieteddies Kleinkindontwikkelingsentrum

Munniklaan 21 & 23, Polokwane, 0700
Osieteddies Kleinkindontwikkelingsentrum Osieteddies Kleinkindontwikkelingsentrum is one of the popular School located in Munniklaan 21 & 23 ,Polokwane listed under School in Polokwane ,

Contact Details & Working Hours

More about Osieteddies Kleinkindontwikkelingsentrum

Osieteddies het ten doel om 'n positiewe, Christelike, liefdevolle, warm en veilige atmosfeer daar te stel, sodat elke kleuter optimaal in alle aspekte van menswees kan ontwikkel. Alle aktiwiteite word aangebied vanuit 'n Christelike perspektief, met die Bybel as rigsnoer. Kleuters leer dat hulle spesiaal is en daarom word al die aktiwiteite aangebied om by elke kleuter se ontwikkelingsvlak te pas. Hoewel 'n gestruktureerde program aangebied word, is alle aktiwiteite van so 'n aard dat die kleuter sy eie stempel daarop kan afdruk. Kreatiwiteit en oorspronklikheid is die uitgangspunt. By Osieteddies word kleuters toegelaat om baie te speel. Gekwalifiseerde personeel is egter byderhand om aan die kleuters 'n stimulerende omgewing te skep waarin hulle veilig kan voel, heerlik kan baljaar, en leer. Daar word gestreef na hartlike samewerking tussen ouers, onderwysers en die gemeenskap. Afrikaans is die medium van onderrig. Skakel my gerus! Linda Kruger

Map of Osieteddies Kleinkindontwikkelingsentrum