Onesta Blouster

Evansstraat 45, Hertzogstraat 2, Schochstraat 51, Bloemhof, 2660, 2630, 2640 ,South Africa
Onesta Blouster Onesta Blouster is one of the popular Financial Service located in Evansstraat 45, Hertzogstraat 2, Schochstraat 51 ,Bloemhof listed under Bank/financial services in Bloemhof ,

Contact Details & Working Hours

More about Onesta Blouster

ʼn Nuwe Sanlam Blouster besigheid is onlangs hervestig, met Kantore in Bloemhof, Leeudoringstad en Wolmaransstad, geleë in die Noordwes Provinsie. ’n Blouster besigheid is ’n besigheidsmodel wat Sanlam se adviseurs die geleentheid gee om hulle praktyke as professionele, kliëntgerigte diensorganisasies te bedryf.

Hein Zietsman en Sarel du Plessis, prinsipale van Onesta Blouster Finansiële Adviesdienste, sê:
“Ons Personeel is goed opgelei en professioneel. Ons poog om elke kliënt as individu te behandel met eerlike, vriendelike en professionele diens wat sy uitsonderlike behoeftes aanspreek. Graag stap ons ook ʼn pad saam met elkeen om finansiële gemoedsrus te verseker. Ons besef dat die sukses van die besigheid afhang van ons kliënte en daarom bied ons goeddeurdag en ingeligte advies asook gehalte diens. Ons bly op hoogte van nuwe tendense en verbreed daarmee ons horisonne.”
Hein en Sarel vertel verder wat hierdie geleentheid so besonders maak:
Wat beteken Onesta Blou-Ster?
Noordwestelike Finansiële Adviesdienste in die Bloemhof, Jan Kempdorp en omliggende omgewing. Onesta beteken Eerlikheid wat die bousteen van die besigheid is.
Wanneer is Onesta Blouster gestig?
Onesta Blouster het op 1 Junie 2016 amptelik geaktiveer. Die kantore is geleë in Bloemhof, Wolmaransstad en Leeudoringstad. Hier word die administratiewe afdeling en telefoniese navrae hanteer.
Wat was die oogmerk met die ontstaan van Onesta Blouster?
Om ʼn diens te lewer uniek aan die area. Om gemoedsrus vir kliënte te skep betreffende kontinuïteit
van professionele advies. (Dit beteken dat daar nooit ’n onderbreking in diens sal wees nie, ongeag wat ook al met die adviseur gebeur.)
Hoe lyk Onesta Blouster se struktuur?
Ons besigheid bestaan uit twee Prinsipale, 5 professionele finansiële Adviseurs, ʼn Korttermyn Adviseur en kantoorbestuurder en 3 administratiewe personeellede.
Waaraan skryf julle jul sukses toe?
Uitmuntende ondersteuning van Sanlam, eerlike en professionele kliënteverhoudings, goeie spanwerk en die bereidwilligheid om die ekstra myl vir elke kliënte te loop.

Map of Onesta Blouster