OmGee-Kerk

2 Schoeman Drive, Krugersdorp, Krugersdorp, 1739
OmGee-Kerk OmGee-Kerk is one of the popular Religious Organization located in 2 Schoeman Drive, Krugersdorp ,Krugersdorp listed under Religious Organization in Krugersdorp , Other in Krugersdorp ,

Contact Details & Working Hours

More about OmGee-Kerk

WIE is die OmGee-Kerk:

Ons het op ‘n baie geskiedkundige datum begin: 24 Julie (24/7)
Ons wil 24/7 kind van God wees en 24/7 “committed” wees aan ons roeping in hierdie wêreld.

Die naam “OM-G” hou veral vir ons 2 dinge in: ALLES gaan OM GOD, met die hoofletter “G”
Ons glo in God as Vader, God as die Seun en God as die Heilige Gees.
Tweedens beteken die naam vir ons:
Ons wil OMGEE vir mekaar en vir die stukkende wêreld daarbuite. Ons wil OMGEE en mense bereik met ons liefde, want deur DIT te doen, sal die wêreld kan deel word van ons en almal sal weet dat ons dissipels van Jesus is – Matt 13:35

Ons hartsbegeerte is om te kom waar God wil hê ons moet wees…
Die pad stap ons hoe en waar God ons lei…
Met die Woord van God as maatstaf, is OMGEE, die “hart” van die Om-G Gemeente!

Ons staan op die beginsels van God se Woord, om die VOLLE Evangelie van God se genade, maar ook Sy geregtigheid te verkondig. Gedring deur die liefde van Jesus, gedryf deur die krag van die Heilige Gees wil ons mense help heel word, sodat hulle weer ander stukkendes kan help heel word. By ons gaan jy nie veroordeel word nie, maar liefgehê word die hemel in! Hier kan jy kom deel met jou issues en sonde, as jy die Heilige Gees sal toelaat om jou aan te raak en nuut te maak en Jesus Christus as Verlosser en Here aan te neem.

Ons fokus is om heel mense die wêreld in te stuur, hulle wat deur die Gees van God aangeraak is, wie hul ware identiteit in Christus gevind het.
Ons droom dat Hand 2:47 waar sal word: dat die Here ELKE DAG, mense wat gered word, by die gemeente sal voeg!

Ons is vry in Christus om waarlik vry te wees! Ons vertrou volkome op die leiding en wysheid van die Heilige Gees.
Ons sal onder geen omstandighede met God se Woord ligtelik omgaan nie.
NO COMPROMISE!
Ons kies om God te vertrou met ons gemeente en die pad vorentoe. Ek glo dat geloof ons sleutel is, en NIKS sal vir ons onmoontlik wees nie! – Matt 17:20
Hier kan jy net jouself kom wees, wie God jou gemaak het om te wees. Hier kan jy jou gawes en talente kom deel en uitleef, en sodoende ander mense help op die pad van geloofsgroei. Ons wil ten alle tye die Groot Gebod van liefde teenoor God en liefde teenoor ons medemens uitleef.

Ons is dalk reeds bekend as ‘n gemeente vir die stukkendes, gebrokenes en kerklose mense. Mag mense met af-vlerke, mense met pleisters en wonde vd verlede, hier ‘n NUWE Geestelike tuiste kom vind. Mag hulle by ons kom deel word van die OM-G Familie van mense wat werklik vir mekaar omgee en sorg.

Ons dank die Here vir ‘n oorvol 1ste erediens! Al ons verwagtinge is oortref!
Oud en jonk was daar! Elke ouderdomsgroep is verteenwoordig! Ons was voorwaar sommer vanuit die staanspoor, ‘n familie!
Ons fokus gaan veral nou wees om elke keer wat ons as OM-G Gemeente bymekaar is, vir mekaar werklik lief te wees en almal iewers te laat tuiskom. ALMAL IS WELKOM! Ons wil van elke erediens, ‘n geloofservaring en belewenis maak!

Kinders word vanaf 31 Julie bedien in die vorm van ‘n kinderkerk, wat tydens die erediens, langsaan in die ander lokale sal plaasvind. Dit is veral vir die kleuters tot en met die ouderdom van 12 jaar.

Indien jy beplan of beoog om deel te word van ons nuwe OM-G Familie, is die enigste voorwaarde dat jy gaan bid daaroor, en die Here moet vra vir vrede oor die besluit wat jy moet neem. Indien jy seker en oortuig is in jou hart dat jy moet inskakel, is jy vry om ons te kontak. Ons sal met die grootste liefde en omgee na jou uitreik en jou help om so gou as moontlik tuis te kom en jou plek te vind in die OM-G Gemeente!


Map of OmGee-Kerk