Ngklangebaan

Oostewal street, Langebaan, 7357 ,South Africa
Ngklangebaan Ngklangebaan is one of the popular Religious Organization located in Oostewal street ,Langebaan listed under Church/religious organization in Langebaan , Religious Organization in Langebaan ,

Contact Details & Working Hours

More about Ngklangebaan

GESKIEDENIS VAN NG KERK LANGEBAAN-GEMEENTE BY GELEENTHEID VAN 25STE VERJAARDAGFEES 2013.

25 Jaar voel dalk vir baie van ons na
'n baie lang tyd, veral vir die jonges van die gemeente. Hoe ouer mens self word, hoe vinniger spoed die jare verby en sukkel jy om tred te bly hou met die tyd. God se betrokkenheid by die geloofsgemeenskap van Langebaan strek oor baie langer as 25 jaar, Hy is trouens van die begin af daar, jy as indiwidu asook julle as gesin kan saam vertrou dat God se teenwoordigheid hierdie gemeente ryklik geseën en bewaar het oor 25 jaar, jou en julle toekoms veilig by Hom is.

Met ons leuse LOOF en BELEEF GOD vir Sy alomteenwoordigheid dwarsdeur ons GESKIEDENIS. Hy as Die God van ons vadere IS, WAS en SAL vir altyd WEES. Om dit te besef, gee my moed vir vandag en môre. Mag jy Sy sorg oorvloedig beleef!

GEMEENTE AGTERGROND. Langebaan is geleë aan die Weskus en word gedeeltelik begrens deur die Nasionale Weskus Park en die Langebaan strandmeer. Die kerkkompleks bestaan uit 'n geskiedkundige kerkie wat uit die laat 1800's dateer, 'n kerkgebou, administratiewe kantore, 'n kerksaal en kategese lokale. Die gemeente het ongeveer 2400 lidmate en dooplidmate wat deur twee predikante bedien word.

Die dorp is ook 'n gewilde vakansiebestemming en bied geleentheid vir die beoefening van verskeie watersport dissiplines. Langebaan en omgewing verander gedurende Augustus en September van elke jaar in 'n wonderwêreld van veldblomme soos bobbejaantjies, reënblommetjies, sporries, kalossies en nog vele meer. Langebaners is dankbaar om in so 'n besondere omgewing te woon en leef.

Map of Ngklangebaan