NG Port Elizabeth-Oos

Hoek van Walmer Boulevard en Mitchell Straat, Port Elizabeth, ,South Africa
NG Port Elizabeth-Oos NG Port Elizabeth-Oos is one of the popular Religious Organization located in Hoek van Walmer Boulevard en Mitchell Straat ,Port Elizabeth listed under Youth Organization in Port Elizabeth , Event Venue in Port Elizabeth , Church/religious organization in Port Elizabeth , Christian Church in Port Elizabeth ,

Contact Details & Working Hours

More about NG Port Elizabeth-Oos

Die NG Gemeente Port-Elizabet-Oos deel ons Christelike geloof in besonder met daardie kerke wat uit die Reformasie van die 16e eeu gegroei het, en daarom onderskryf ons die Drie Formuliere van Enigheid – die Nederlandse Geloofsbelydenis (1559), die Heidelbergse Kategismus (1561) en die Dordtse Leerreëls (1618-1619).


Die eerste gemeente in Suideinde, Port Elizabeth-Suid, is in 1929 van Port Elizabeth-Sentraal afgestig. Die gemeente gebruik die kerkgebou in Bullenstraat met die Petrasaal net langsaan.
Gedurende 1950 bekom die gemeente ‘n erf in Vierdelaan Walmer en laat bou in 1951 ‘n nuwe kerk op die eiendom. Die naam van die gemeente word verander na Port Elizabeth-Walmer. In hierdie stadium het die gemeente die hele gebied van Suideinde, Walmer, Mount Pleasant, Charlo, Lorraine, Schoenmakerskop, Somerstrand, Humewood, Foresthill, Humerail en Southdene bedien.

In Julie 1952 word ‘n nuwe gemeente, Port Elizabeth-Oos, afgestig wat die volgende gebiede insluit: Suideinde, Schoenmakerskop, Somer-strand, Humewood, Forest Hill, Humerail en Southdene. Ds. Johannes Hendrikes Siebert van Port Elizabeth-Walmer word beroep as eerste leraar van die gemeente.

Map of NG Port Elizabeth-Oos