NG Onrusrivier

57 Berg straat, Onrus, 7201
NG Onrusrivier NG Onrusrivier is one of the popular Religious Organization located in 57 Berg straat ,Onrus listed under Religious Organization in Onrus ,

Contact Details & Working Hours

More about NG Onrusrivier

Die jaartema vir 2015 is: Wees Lig! Die kerkraad het die afgelope jare by God gehoor dat Hy ons gemeente wil gebruik as draers van die Lig. Hý het ons gekies, Hý rus ons toe en Hý plaas ons daar waar ons ’n verskil kan maak. Ons is nuut gemaak, vergewe, toegerus en geseën. Dit is Sý werk! “Wees Lig” sê dus dat ons met blydskap kan wees wat ons reeds in Christus is. Ons hoef dit nie te
skep nie, ons kan dit nie self wees nie … God gee dit aan ons as ‘n geskenk van Bo. Ons kan dit nie wegsteek nie, want jy kan nie ‘n stad op ‘n berg miskyk nie. “Julle is die lig vir die wêreld.” (Matt.5:14) Dit is ‘n belofte! Ons gemeente wil dus ons roeping as lig vier en geniet. Waarom lig? Lig bring hoop en troos in die donker. Dit gee rigting as jy jou pad verloor het, dit bring warmte en genesing vir die seer. Lig kan ook dui op ‘n manier van lewe. Dit staan teenoor swaar en somber … lig van voet en lig van hart. Mense wat uit die Lig leef, trek ander na die Lig. Só wil Onrusrivier graag leef in 2015. Ons is oortuig dat as ons dit glo, ons getuies vir die Lig sal wees. Hierdie fokus bewaar ons van te besig wees, gedurig iets nuut te organiseer, te vas te wees in ons strukture en om in eie krag mense te forseer om betrokke te wees. Deur hierdie tema wil ons jou aanmoedig om daar waar jy woon en werk, Lig te wees. Wees wat jy in Christus reeds is! Maak jou luike oop na die straat en die helder lig van God se krag sal oor jou spoel.
Ja, wéés Lig in 2015!

Map of NG Onrusrivier