NG Kinross - Nederduitse Gereformeerde Kerk Kinross

H/V Wolhuter en Kroonstraat, Kinross, 2270 ,South Africa
NG Kinross - Nederduitse Gereformeerde Kerk Kinross NG Kinross - Nederduitse Gereformeerde Kerk Kinross is one of the popular Other located in H/V Wolhuter en Kroonstraat ,Kinross listed under Church/religious organization in Kinross , Religious Organization in Kinross ,

Contact Details & Working Hours

More about NG Kinross - Nederduitse Gereformeerde Kerk Kinross

In die afgelope twee jaar is ons besig om die gestuurde gemeentes proses (missionêre / missionale kerk wees) deel te maak van ons kerk. Ons is geroep deur God om sy volk te wees, maar word gestuur om sy koninkryk te laat kom. Deur ons fokus op die Lukas 10:1-12 het ons drie fokus patrone geïdentifiseer naamlik:
Patroon 5: Aanbidding as openbare getuienis.
Patroon 4: Praktyke wat God se bedoeling vir die wêreld demonstreer.
Patroon 6: Afhanklikheid van die Heilige Gees. (Die oorkoepelende een, waarsonder die ander twee nikswerd is nie).
In hierdie tyd het ons ook te doene gekry met die Lukas-10-Transformasie opleiding. Daardeur het ons as kerkraad besluit om die gemeente diensbaar te wees deur di e volgende aspekte:
1. Vrede vir julle: Om net met God se seën na gemeente en die gemeenskap om ons uit te reik.
2. Eet wat hulle voorsit: Om uit te gaan en verhoudings te bou.
3. Maak mense gesond: Om mense te help waar daar behoefte is (Die barmhartige Samaritaan het gehelp waar hy ‘n nood gesien het, nie toe iemand eers gevra het nie).
4. Die koninkryk is naby: Dan bedien ons die mense met die waarheid van die evangelie.
Ons is besig in ‘n opwindende tyd van die gemeente se lewe, want God is besig om die gemeente kultuur te verander sodat sy Koninkryk in sy volle glorie kan kom.

Map of NG Kinross - Nederduitse Gereformeerde Kerk Kinross