NG Kerk Kimberley

Blackstraat, New Park, Kimberley, 8301 ,South Africa
NG Kerk Kimberley NG Kerk Kimberley is one of the popular Religious Organization located in Blackstraat, New Park ,Kimberley listed under Church/religious organization in Kimberley , Religious Organization in Kimberley ,

Contact Details & Working Hours

More about NG Kerk Kimberley

Die NG gemeente Kimberley is die tweede oudste gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in wat later die stad Kimberley sou word.

Die opspraakwekkende ontdekking van diamante in 1870 by die Colesbergkoppie, die latere Kimberley-myn, het gou duisende mense uit alle uithoeke van Suid-Afrika en die buiteland gelok. Predikante van die Kaapse en Vrystaatse NG Kerk is sporadies daarheen gestuur met die oog op die geestelike bearbeiding van die delwerbevolking en so het spoedig twee gemeentes kort na mekaar ontstaan, Dutoitspan en Vooruitzicht by New Rush, die uiteindelike Kimberley-gemeente.

Albei gemeentes het in 1872 ontstaan, wat omdat die diamantveld buite die jurisdiksie van sowel die Kaapse en Vrystaatse Kerk geval het, kon die gemeentes nie, soos gewoonlik die geval is, afgestig word nie. Kimberley het eerste 'n eie leraar beroep en vestig toe prop. J.W. Louw op 17 Augustus 1872 hier georden is. Op dieselfde dag is die eerste kerkgebou ook plegtig in gebruik geneem.

Sy opvolger was ds. B.B. Keet, vader van die latere prof. B.B. Keet van die Kweekskool op Stellenbosch. Hy is in 1874 georden tydens 'n tydperk van groot ekonomiese welvaart, maar terselfdertyd was daar 'n ongekende toestroming van mense uit alle dele van die wêreld, wat veroorsaak het dat 'n kosmopolitiese bevolking op die diamantveld saamgehoop is, wat na die mening van die Kerk glad nie 'n heilsame uitwerking op die geestelike lewe van die Afrikaners gehad het nie. Die derde predikant was die welbekende en alombeminde ds. (later dr.) John Daniel Kestell, wat in Februarie 1882 deur sy vriend Abraham Kriel in die gemeente bevestig is. Tydens sy bediening is die oudste deel van die huidige kerk gebou. Die gebou is in suiwer Romaanse styl en ds. Kestell het self die plafon beplan en ontwerp. Die Newtown-weeshuis (later Kestell-kinderhuis) is tydens sy bediening gestig en opgerig. Hy is in 1894 opgevolg deur prop. P.J. de Vaal. Tydens 32-jarige bediening is die kerkgebou vergroot, 'n toring aangehou en 'n baie bruikbare kerksaal opgerig.

Daarna volg ds. (later dr.) J.R. Albertyn, later Armesorgsekretaris van die Transvaalse Kerk. Hy het nie alleen 'n vrugbare bediening gehad nie, maar het ook groot bydraes gelewer van breër kerklike en volksbelang. Omdat ds. Albertyn besig was met die Carnegie-verslag oor die Armblankevraagstuk en lang tye aaneen uit die gemeente weg was, het vier hulpleraars tydens sy bediening in die gemeente gearbei. Die sesde leraar van die gemeente was ds. P.H.G. Jordaan van 1936 tot 1942.

Op 4 Mei 1950 stig twee dogtergemeentes gelyktydig van die moedergemeente af: Kimberley-Wes en Kimberley-Noord.

Enkele leraars

Johannes Wynand Louw, 1872 - 1874
Barend Bartholomeus Keet, 1874 - 1879
John Daniel Kestell, Februarie 1882 - 1894
Pieter Jacobus de Vaal, 1894 - 1926 (emeriteer; oorlede op 2 Mei 1946)
Johannes Rudolf Albertyn, 1926 - 1936
Carl Petrus van der Merwe, 1929 - 1930
Petrus Hendrik Grobler Jordaan, 1936 - 1942 (geskors)
Josua Joubert de Villiers, 1938 - 1942
Stephanus Bernardus Buys, 1943 - 1948
Johann Rudolph Lückhoff, 1943 - 1948
Stefanus Bruwer Meyer, 1949 - 1950 (eerste leraar van dogtergemeente Kimberley-Wes)
William Fullard, 1950 - 11 April 1976 (emeriteer)
Willem Phillips Doman, 1977 - 1980
Jacobus Marthinus Petrus Cornelius, 1981 - 1987
Zacharias Blömerus, 1981 - Desember 1997 (emeritus)

Map of NG Kerk Kimberley