NG Kerk Franschhoek

Huguenot St 29, Franschhoek, 7690 ,South Africa
NG Kerk Franschhoek NG Kerk Franschhoek is one of the popular Religious Organization located in Huguenot St 29 ,Franschhoek listed under Church/religious organization in Franschhoek , Religious Organization in Franschhoek ,

Contact Details & Working Hours

More about NG Kerk Franschhoek

Die NG Gemeente Franschhoek bestaan sedert 1843 en het sy wortels in die
vestiging van die Franse Hugenote in die vallei in 1688.
Die Hugenote Gedenkmuseum en die Hugenote Monument is op die dorp.

Daar is net een leraar in die gemeente, Ds Peet Bester. Nadat prof Pieter Coertzen
op 20 April 2008 as tweede leraar afgetree het.
Prof Coertzen was ’n dosent aan die Universiteit van Stellenbosch se
Fakulteit Teologie, maar gekoppel aan die NG Gemeente Franschhoek.
Daarbenewens beskik die gemeente oor ’n skriba, ’n koster, ’n skoonmaker
en twee terreinwerkers. Die gemeente se orrelis is mev Felicity Grové.
Die gemeente het twee begraafplase: een is die historiese kerkhof
naby die kerkgebou en die ander een is naby die Hugenote Monument.
Dit word ook dikwels die “Hugenote Begraafplaas” genoem vanweë die
groot aantal Hugenote wat daar begrawe is.

Die Kerkraad bestaan uit 14 wyke met 15 ouderlinge en 12 diakens.
Sommige is plaaswyke (pruime, pere, perskes, sitrus, wyndruiwe,
olywe, Proteas, ensovoorts word verbou). Benewens die Kerkraad se
onderskeie kommissies is daar nog die Vrouediens, kategese, jeug-aksies,
kleuterkerk, ens. Verskeie sel- en Bybelstudiegroepe bestaan in die gemeente.
Gereelde wyksbyeenkomste word gehou.

Die kerkgebou, wat op ’n groot erf (2,5 hektaar) in die hoofstraat (Hugenoteweg)
van Franschhoek staan, dateer uit 1847 en is in 1968 volledig gerestoureer.
Die kerkgebou het ’n tradisionele kruisvormige vloerplan met ’n rietdak
maar geen kerktoring. Die kerkgebou het ’n indrukwekkende binnekant
en ’n goeie orrel. Die kerkgebou beskik oor ’n klankstelsel en ’n geslote-kring
TV wat onder andere die moederskamer en Fleur de Lis
(die ACVV-tehuis vir bejaardes) bedien.
’n Dataprojektor en afstandbeheerde skerm laat die predikers toe om
beeldmateriaal te vertoon, sonder dat die kerk se besonderde binnekant
met “moderne tegnologie” ontsier word.

Map of NG Kerk Franschhoek