Die drie bedienings is saamgestel volgens hierdie visie:
1. Ons is 'n Liggaam wat God vereer deur gebed, eredienste en die gesamentlike kwartaallikse programme wat ons volg.
2. Ons is 'n Liggaam wat vir mekaar omgee en mekaar onderling versorg binne kleingroepe, wyke en die pastorale versorgingsgroep.
3. Ons is 'n Liggaam wat ons taak om die Evangelie na ongelowiges te bring, baie ernstig opneem. Ons bring hulp en hoop in ons samelewing deur die armes te versorg.