NG Gemeente Villiersdorp

Malherbe St, Villiersdorp, 7230 ,South Africa
NG Gemeente Villiersdorp NG Gemeente Villiersdorp is one of the popular Religious Organization located in Malherbe St ,Villiersdorp listed under Church/religious organization in Villiersdorp , Religious Organization in Villiersdorp ,

Contact Details & Working Hours

More about NG Gemeente Villiersdorp

Die dorp is in 1843 gestig nadat veldkornet Pieter de Villiers, die eienaar van die plaas Radyn, in 1841 by die Kaapse goewerneur aansoek gedoen het om 'n dorp op 'n deel van sy plaas uit te lê. De Villiers se motivering was dat hy 'n kerk wou bou sodat die inwoners van die wyk beter deur die Woord bedien kon word.

Villiersdorp is in 1843 gestig en die grond is onderverdeel en te koop aangebied, maar die voornemende kopers het geweier om grond te koop alvorens daar 'n kerk was.
Die hoeksteen van die kerk is in 1844 gelê. Tien jaar later is Villiersdorp tot 'n munisipaliteit verklaar.

In sy toestemming tot dorpstigting het die goewerneur gelas dat dit na P.H. de Villiers genoem moes word. De Villiers was 'n man wat hoë morele standaarde gestel het. Uit sy huwelik met Catharina Helena Minnaar is ses kinders gebore. Die sesde kind, Anna Elizabeth, is later met Petrus Novbertus Graaff, 'n werknemer van haar pa, op die plaas Wolfkloof getroud.

Uit die huwelik is David P. de Villiers Graaff gebore. Hy was 'n invloedryke man en weldoener van die onderwys, die kerk en die gemeenskap van Villiersdorp en ook die NG gemeente van die dorp. Die laer- en hoërskole op die dorp is later na die familie De Villiers Graaff genoem.

Map of NG Gemeente Villiersdorp