"Soek allereers die Koninkryk van God!" Ons Gemeente wil aan hierdie opdrag van die Here uitting gee deur Sy wil bo ons eie te stel. Dit vra dat ons persoonlike verhouding met die Here sal groei. Ons wil vir mekaar omgee en lief wees, maar ook na mekaar en die wereld uitreik.Ons besef egter dat ons niks uit onsself kan doen nie, daarom bely ons ons afhanklikheid teenoor die Here deur 'n lewende gebedslewe voorop ste stel.