Nature Kids Kleuterskool & Creche

Grootfontein Country Estate, Pretoria,
Nature Kids Kleuterskool & Creche Nature Kids Kleuterskool & Creche is one of the popular Day Care located in Grootfontein Country Estate ,Pretoria listed under Education in Pretoria , Day Care in Pretoria ,

Contact Details & Working Hours

More about Nature Kids Kleuterskool & Creche

Nature Kids / Natuur Kabouters is 'n plaas kleuterskool waar ons strewe om 'n liedevolle en veilige omgewing te skep waarin u kindjie die geleentheid kry om 'n gesonde en gebalanseerde kindjie te word en tot sy/haar volle potensiaal te ontwikkel.

Indien 'n kindjie gelukkig is, is hulle soveel meer ontvanklik om te leer en te groei, fisies en emosioneel.

Elke kindjie geniet individuele aandag volgens sy/haar behoeftes. Ons, by Nature Kids / Natuur Kabouters kleuterskool besef die belangrikheid van liefde, aandag en aanvaarding by kindertjies gedurende die eerste vormings jare.

Ons kleuterskool verskaf versorging aan Afrikaanse sowel as Engelse kleuters vanaf 3 maande tot Graad R (0)

Ons kleuterskool het 'n lieflike groot buitelug gras speel area met swaaie, sandput en klim-en-klouter wat groot pret verskaf, terwyl opvoedkundige en gewone speelgoed binnesmuurs stimulasie bewerkstellig.

Dit is ons doelwit om aan ouers totale gemoedsrus te gee terwyl hulle by die werk is.

Nature kids / Natuurkabouters is geregistreer by die Departement van Volkswelsyn en Bevolkingsontwikkeling.

Oop Maandae tot Vrydae vanaf 06h30 soggens tot 18h00 saans. Voldag en halfdagsorg beskikbaar. Goeie gebalanseerde maaltye (ontbyt en middagete) en versnapperings word voorsien.

Buitemuurse Aktiwiteite wat by ons kleuterskool aangebied word is die volgende:

Fluit n liedjie musiek / Swem / Kuns / Terapeutiese Perdry klassies / Kiddies Play /Rugga Kids / Active English

Nature Kids bied ook verskeie spesiale geleenthede aan deur die jaar bv. ons tradisionele Oupe en Ouma Dag en Paasfees Konsert!

** Natuurkabouters is geregistreer by die Departement van Volkswelsyn en Bevolkingsontwikkeling **

Tel: 012 8115202
Faks: 066 729 1392
Sel: 082 896 0924

Map of Nature Kids Kleuterskool & Creche