Soggens volg ons 'n vaste program van aktiwiteite waartydens almal inspring en "werk". Ons projekte sluit in lapverwerk, die maak van kaartjies en allerlei klein geskenkies. Smiddae kyk ons televisie, luister musiek of kuier sommer net lekker saam.
Maandae het ons kooroefening en almal sing saam. Ons koor tree gereeld op tydens ons jaarlikse fondsinsamelingsfunksie. Woensdae bak en brou ons - een van die hoogtepunte van ons week.
Ons geniet die kans om te sosialiseer en deel te wees van 'n groep, anders vereensaam ons. Om konstruktief besig te bly hou 'n mens gelukkig en laat jou menswaardig voel.