Montè Kleuterskool - Hartbeespoort

11 Hertzog Street, Hartbeespoort, North West, South Africa, Hartbeespoort, 0216
Montè Kleuterskool - Hartbeespoort Montè Kleuterskool - Hartbeespoort is one of the popular Private School located in 11 Hertzog Street, Hartbeespoort, North West, South Africa ,Hartbeespoort listed under School in Hartbeespoort , Private School in Hartbeespoort ,

Contact Details & Working Hours

More about Montè Kleuterskool - Hartbeespoort

Montè Kleuterskool het sy deure geopen op 1 Maart 2001. Ek as eienaar was gemotiveerd om ‘n kleuterskool te begin waar kinders op ‘n positiewe wyse kan ontwikkel, optimale stimulasie kan ontvang en steeds kind kan bly.

As gevolg van die feit dat die personeel my entoesiasme deel, het ons bekend geword vir ons hoë akademiese standaarde en streef ons daarna om kleuters optimaal te ontwikkel.

Montè is ‘n dubbel medium crèche- en kleuterskool in Schoemansville, Hartbeespoort wat voldag versorging bied aan peuters en kleuters tot en met Graad 0. Kommunikasie tussen ons as skool en u as ouers, is onontbeerlik. U kind se geluk en welsyn word te alle tye nagestreef, dus is daar altyd tyd om oor u kind te gesels.

Indien u opsoek is na ‘n kleuterskool waar die kinders gelukkig en tevrede is, optimaal gestimuleer sal word, talente ontgin kan word, kan u maar ophou soek!

Ons bied dit en nog soveel meer...

Die kleuterskool bestaan uit 8 pragtige klaskamers wat goed beplan en toegerus is, 'n Speelgrond waar die peuters en 3-6 jariges geskei is en elkeen met hul eie speelarea.

Elke ouderdomsgroep is in hul eie klas, die kurrikulum is vir elke ouderdomsgroep spesiaal uitgewerk en op hul standaard. Elke ouderdomsgroep word deur ervare onderwyseresse onderrig en is gemotiveerd om elke kind positief te benader.

Onderrig word in beide Afrikaans en Engels aangebied. Gedifferensieerde onderrig binne elke ouderdomsgroep verseker die nodige aandag wat deur individue vereis word. Daar word op ‘n gereelde basis met ouers gekommunikeer om soedoende vordering van u kind weer te gee. Indien enige probleme raakgesien word, word daar aanbevelings gedoen vir terapie indien nodig.

Map of Montè Kleuterskool - Hartbeespoort