MiniMusiek is opwindende musieklessies wat as ‘n buitemuurse aktiwiteit een maal per week aangebied word by kleuterskole en laerskole se Graad R sentrums. My doel is om by elke kind 'n liefde vir musiek te kweek, terwyl hulle speel-speel leer hoe om met 'n verskeidenheid musiekinstrumente te werk, liedjies en versies aan te leer en musiekkonsepte aan te leer en te verstaan.