Meer as Oorwinnaars Berading

Van Der Merwe Rd, De Deur,
Meer as Oorwinnaars Berading Meer as Oorwinnaars Berading is one of the popular Mental Health Service located in Van Der Merwe Rd ,De Deur listed under Religious Organization in De Deur , Mental Health Service in De Deur ,

Contact Details & Working Hours

More about Meer as Oorwinnaars Berading

Doelstelling:
Die doel van hierdie beradingsbediening is om Bybelse oplossings vir alle probleme in mense se lewens te bied, sodat hulle na Christus toe sal gaan vir hulp, hoop en vertroosting; heiligmaking deur die Heilige Gees sal ervaar; en vrygemaak kan word om tot verheerliking van God die Vader te kan lewe. (1 Kor 10:13; 2 Kor 12:8-10; Rom 8:28-29; Fil 4:13; 1 Tess 4:3; 1 Kor 10:31)
Ons glo dat die Woord van God totaal genoegsaam is en beaam saam met die apostel wanneer Hy sê: “Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.” (2 Tim 3:16-17)
Verder glo ons ook dat ons hierdie diens moet aanbied en mense moet nooi soos wat Christus genooi het: “O Almal wat dors het, kom na die waters; en wie geen geld het nie, kom, koop en eet; ja, kom, koop sonder geld en sonder prys, wyn en melk!” (Jes 55:1)

Uitnodiging:
Het jy hulp nodig met depressie, woede, bekommernis, lyding, angs, eensaamheid, dissipline hartseer, stres, vergifnis, aandagafleibaarheid (“ADD”), verslawing, obsessiewe kompulsiewe versteuring (“OCD”), huweliks en gesinsprobleme of voorbereiding vir die huwelik? Ons will jou help om krag, hoop en oplossings in Christus, deur Sy Woord, te vind.
Kontak ons vandag en maak ‘n afspraak (Counselling is also available in English).

Map of Meer as Oorwinnaars Berading