M.A.S Krugersdorp Gemeente

45 Rissik Street, Krugersdorp, 1949 ,South Africa
M.A.S Krugersdorp Gemeente M.A.S Krugersdorp Gemeente is one of the popular Church located in 45 Rissik Street ,Krugersdorp listed under Church/religious organization in Krugersdorp , Church in Krugersdorp ,

Contact Details & Working Hours

More about M.A.S Krugersdorp Gemeente

GELOOFSVERKLARING

DIE VERKLARING VAN GELOOF
Die programme en aktiwiteite wat die vorm van aanbidding van die GEMEENTE
beheer, is gebasseer op en te alle tye in ooreenstemming met die volgende
geloofsbelydenis en oortuigings, ooreenkomstig die Woord van God.

DIE HEILIGE SKRIF
Die Bybel is die geïnspireerde Woord van God, die produk van Heilige manne van
ouds wat gepraat en geskryf het soos hulle deur die Heilige Gees geïnspireer was.
Die Nuwe Verbond, soos in die Nuwe Testament opgeteken, word aanvaar as ons
onfeilbare wegwyser in sake rakende gedrag en dogma. (2 Tim. 3:16; 1 Thes. 2:3;
2 Pet. 1:19-21)

DIE GODHEID
God is drie-enig en word geopenbaar in die Vader, die Seun en die Heilige Gees,
wat aan mekaar gelyk is. (Fil. 2:6; 1 Jhn. 5:7) God die
VADER is groter as almal (Jhn. 14:28), die bron van die Woord
(logos)(Jhn.1:1 & 7). Die HEILIGE GEES spruit voort uit die Vader sowel
as die Seun en is ewig. (Jhn. 15:26).

DIE MENS, SY SONDEVAL EN VERLOSSING
Die mens is 'n geskape wese, gemaak na die gelykenis en beeld van
God, maar deur Adam se oortreding en sondeval, het die sonde in die
wêreld gekom. "Almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die
heerlikheid van God". Soos geskrywe is: Daar is niemand regverdig nie
selfs nie een nie". Jesus Christus, die Seun van God, is
geopenbaar om die werk van die duiwel ongedaan te maak en het SY
lewe gegee en SY bloed vergiet om die mens te verlos en na GOD
terug te bring. (Rom. 3:10; 3:23; 1 Jhn.1. 3:8). Die mens word
gered uit GOD se genade deur sy geloof in Christus Jesus en nie as
gevolg van die mens se werke of eie toedoen nie, sodat niemand
mag roem nie. (Efe. 2:8-9)

DIE NUWE GEBOORTE EN EWIGE LEWE
Die mens se eerste stap tot wedergeboorte en ewige saligheid, is
die mens se berou oor sy sonde. Die nuwe geboorte is noodsaaklik
vir almal om die ewige lewe deelagtig te word. (Jhn. 3:3-15; 2
Kor. 7:9-10; 1 Jhn 5:12).

DIE WATERDOOP
Die Waterdoop is 'n direkte opdrag, slegs aan gelowiges en geskied
deur indompeling. Dit is 'n stap van gehoorsaamheid van die
Christen. Dit is die Christen se indentifikasie met Christus in SY
dood, SY begrafnis en SY opstanding (Mat. 28:19; Rom. 6:4; Kol.
2:12; Hand. 2:38; 8:36-39; 19:3-4; Mark. 16:16).

DIE DOOP IN DIE HEILIGE GEES
Die doop in die Heilige Gees is 'n gawe van God soos deur die Here
Jesus Christus aan die gelowiges belowe is en word na die nuwe
geboorte ontvang. Hierdie ondervinding word bevestig deur die
aanvanklike teken van die spreek in ander tale soos die HEILIGE
GEES self uiting gee. (Mat. 3:11; Hand. 2:38-39; 19:1-6; 2:4; 1:5&8;
Jhn. 1:33).

HEILIGING
Die Bybel leer dat sonder Heiligmaking niemand die Here sal sien
nie. Ons glo die Heiliging as 'n definitiewe dag voortgaande
genadewerk wat tydens wedergeboorte begin en voortduur, tot die
voltooiing van Saligheid. (Heb. 12:14; Thess. 5:23; Fil. 3:14; 1 Pet.
1:16).
Met betrekking tot sekuele sake, glo ons in hetroseksuele
verhoudinge tussen 'n natuurlike man en 'n natuurlike vrou binne die
raamwerk van 'n wettige huwelik, geen ander praktyke word aanvaar
nie.

VERDERE WAARHEDE EN OPENBARINGE
Hierdie gemeente is oop en ontvanklik vir enige verdere waarhede
en openbaringe wat die Heilige Gees mag openbaar vanaf en uit die
Skrifte.

GODDELIKE GENESING
Die versoeningswerk van CHRISTUS maak voorsiening vir Goddelike
Genesing vir alle siektes. Dit geskied deur die bonatuurlike krag
van God deur die gebed en geloof, die oplê van hande en gebed na
salwing met olie. (Jes. 53:4-5; Mat. 8:17; Mark. 16:18; Jak. 5:14-15;
1 Pet. 2:24; Mark. 6:13).

DIE WEDERKOMS VAN CHRISTUS
Met SY wederkoms sal diegene "wie in Christus gesterf het, eerste
opstaan. Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in
die wolke weggevoer word, die Here tegemoet in die lug". (Hand.
1:11; Thes. 4:16-17).

DIE HEL EN EWIGE VERGELDE
Die een wat sonder Christus sterf is ewig verlore en sy
eindbestemming is die ewige vuurpoel. (Heb. 9:27; Open. 19:20).

LOFPRYSINGE
Om God te loof en te prys ooreenkomstig Sy Woord. (Ps. 149 en
Ps. 150)

DUIWEL UITDRYWING EN BEVRYDING
Duiwel uitdrywing en bevryding is 'n direkte opdrag deur JESUS
CHRISTUS aan SY volgelinge. (Jhn. 14:12; Hand. 16:18; Mark.
16:17; Mat. 10:8; Mark 3:15 en 6:13).

UITBREIDING VAN GOD SE KONINKRYK
God se opdrag is om die Evangelie van Jesus Christus te verkondig
aan alle nasies en om dissipels te maak en hulle te leer. (Matt.
28:19; Mark. 13:10 en 16:15).

BEOEFENING VAN DIE GAWES VAN DIE HEILIGE GEES
Om die gawes van die Heilige gees na te streef en te beoefen
soos opgeteken is in: (1Kor. 12:1-10; 1Kor. 14:1-26 en 39).

HANDE OPLEGGING
Hande-oplegging is een van die fundamentele leringe van Christus.
(Heb. 6:1-2; Gal. 1:12; Hand. 6:5-6; 1Tim 4:14; Hand. 13:3; 2Tim.
1:6; Mat. 19:13-15; Mark.16:18; Luk. 4:40; Luk. 13:13 (sien Jhn.
14:12); Hand. 28:8).

Map of M.A.S Krugersdorp Gemeente