Marais Vrugte, Breerivier

Breërivier, 6858 ,South Africa
Marais Vrugte, Breerivier Marais Vrugte, Breerivier is one of the popular Urban Farm located in ,Breërivier listed under Farming/agriculture in Breërivier , Farm in Breërivier , Fruit & Vegetable Store in Breërivier ,

Contact Details & Working Hours

More about Marais Vrugte, Breerivier

Christoffel Johannes Jakobus Gerber was die oorspronklike eienaar van Arbeidsvreugd. In die 1800’s was die plaas se naam eers “Tygerboschkats Vallei”.

Willem Francois Marais het die plaas by sy skoonpa, CJJ Gerber gekoop nadat hy met CJJ Gerber se dogter, Sophia, getrou het en aangesien nie een van sy swaers wou boer nie, kon hy die plaas koop. Sy seun, Christoffel Johannes Jakobus (Christo) Marais is in 1913 gebore en in ongeveer 1943 het hy die plaas by sy Pa gekoop (elke broer het ‘n deel gekoop: Maradie en Varkieskloof is deur onderskydelik Willie en Daan gekoop). Christo Marais verander toe sy deel se naam na Arbeidsvreugd. Daardie tyd was dit ‘n perske, appelkoos en wingerdboerdery. In 1946 trou Christo Marais met Cecile van der Merwe en in 1947 word hul seun, Willem Francois (Francois) Marais gebore. Francois Marais trou in 1967 met Isabel Theron en in 1974, na 3 dogters, word hul seun, Christoffel Johannes Jakobus (Christoff) Marais, gebore. Francois Marais het in 1985 ‘n stukkie van Avondson gekoop by Fanus du Toit en eers in 1986 het hy vir Arbeidsvreugd by sy Pa, Christo, gekoop. In 1991 koop Francois vir Maradie by sy neef, Willie Marais en ook ‘n stukkie van Lorelei by sy swaer, Piet Everson. In 1997 trou Christoff met Marilyn Dalene du Toit en in 2000 is hul eerste seun, Willem Francois (Francois) Marais gebore. Hul tweede seun, Albertus Du Toit Marais is in 2002 gebore. Francois (jnr.) is tans die sesde geslag op Arbeidsvreugd.
Arbeidsvreugd het oor die jare gegroei en tans word daar met wingerd, geelperskes, pruime, appels, persimmons, pakperskes en nektariens (wat ons self verpak in ons eie pakstoor), geboer.

Map of Marais Vrugte, Breerivier