Dienste is op Sondae oggende om 9h00 en die aanddiens is om 17h30; gehou in Seringa Straat, reg oorkant die Piacere Restaurant. Ry in Oak laan verby die Wimpy, Poskantoor, Nedbank op linkerkant. Ry oor die treinspoor, verby Oak gastehuis en McHardy Museum aan regterkant. Draai regs in Seringa en volg die pad wat 90 grade draai na links. Ry tot jy Lewende Woord kerk se ingang sien op regterkant. (Piacere Restaurant is op linkerhand) Alternatiewe parkering is in Olienhout Straat, op die myn se parkeerarea.