Laerskool Simon van der Stel

Waterloo green, Wynberg, 7800 ,South Africa
Laerskool Simon van der Stel Laerskool Simon van der Stel is one of the popular Elementary School located in Waterloo green ,Wynberg listed under School in Wynberg , Elementary School in Wynberg ,

Contact Details & Working Hours

More about Laerskool Simon van der Stel

Die skool is in Augustus 1928 deur sowat tien ouers en mnr. J.D. Fick gestig. Daar was besluit dat leerders vanaf Januarie 1930 in die beplande Afrikaans-mediumskool in Wynberg opgeneem word.

Die Masonic-saal in Pierweg en die NG Kerksaal was as eerste akkommodasie gehuur. Mnr. Fick as hoof en twee onderwyseresse begin die skool in Januarie 1930 met 90 leerders.

Constantia, die plaas van goewerneur Simon van der Stel, is in die onmiddellike omgewing van Wynberg geleë, gevolglik is op 'n komitee- vergadering die gepaste naam "Simon van der Stel" voorgestel vir die nuwe skool. Die naam is goedgekeur en bevestig onder die datum 4 Junie 1930.

Die eerste skoolkomitee se taak was om 'n geskikte terrein vir die skoolgebou te vind. Hulle verneem dat Waterloo Green, 'n stuk grond wat aan die Verdedigingsmag behoort, moontlik in die mark sal kom en verwittig die Departement van Onderwys. Die grond was teen die einde van 1931 vir R 2,500 gekoop. Die groot sinkhuis, Waterloo Hut, wat destyds die woonhuis van Kolonel Wakefield was, en reeds tydens die 2de Vryheidsoorlog opgerig was, is so verander, dat sewe klasse aan die begin van 1932 daar kon intrek.

Na vele onderhandeling is in 1933 besluit om 'n pragtige nuwe skoolgebou op te rig teen £700.85 of te wel teen R 14,200.84. Dit het bestaan uit 6 klaskamers, 'n houtwerkkamer, 'n pakkamer, 'n kantoor en aparte kleedkamers vir seuns en dogters. Die seuns en dogters het afsonderlike ingange en is in reliëf aangeteken - Jongetjies en Meisies. In 1948 is die leuse en wapen ontwerp.

Die leuse en lewe "Waarheid Wen" is vandag nog die trots van Simon van der Stel. Met sy huidige leerdertal van oor die 200 leerders is Laerskool Simon van der Stel steeds die enigste Afrikaans-medium laerskool in Wynberg.

Map of Laerskool Simon van der Stel