Laerskool Laurus

Hoopstraat 7, Oudtshoorn, 6625 ,South Africa
Laerskool Laurus Laerskool Laurus is one of the popular Elementary School located in Hoopstraat 7 ,Oudtshoorn listed under School in Oudtshoorn , Elementary School in Oudtshoorn ,

Contact Details & Working Hours

More about Laerskool Laurus

Simboliek van Laurus

‘n Skool moet ‘n unieke omgewing vir uitnemende opvoeding aan leerders skenk. ‘n Omgewing waarbinne leerders kan groei en voorberei word vir ‘n toekoms waarin hulle hulself nie slegs kan handhaaf nie, maar ook ‘n daadwerklike bydrae kan maak. Deur die simbole in die skoolwapen verbind die skool hom om so ‘n omgewing te bied.

Uiteensetting van Laurus se skoolwapen

Die oop boek is ‘n simbool van kennis en waarheid, die grondslag van opvoeding
Die olyfboom verteenwoordig die jong kind wat sy wortels vind en deur die opvoeders gelei word om te groei, voorspoed te beleef en die draer van lig te wees. Deur die geleentheid gegun te word om met leiding te groei, groei die kind se bewussyn van selfbeheersing, getrouheid, eerlikheid, hardwerkendheid, verantwoordelikheid, selfrespek en respek vir ander.
Die drie olywe aan die boom vergestalt die drie pilare waarop die skool berus; die opvoeders, die ouerhuis en die kerk
Die olyfboompie is in die palm van die hand van die Skepper.
Die hand is oop want deur Hom word onvoorwaardelik voorsien.
Die loerierkrans wat die wapen omgrens simboliseer die sukses en die oorwinning wat elke leerder binne sy eie vermoë behaal en hom of haar in staat stel om te floreer in eie uniekheid.

Map of Laerskool Laurus