Laerskool Jan van Riebeeck

East Geduld Rd, Springs, 1559 ,South Africa
Laerskool Jan van Riebeeck Laerskool Jan van Riebeeck is one of the popular Elementary School located in East Geduld Rd ,Springs listed under School in Springs , Elementary School in Springs ,

Contact Details & Working Hours

More about Laerskool Jan van Riebeeck



Geskiedenis van Laerskool Jan van Riebeeck Met die aankoms van Jan van Riebeeck 6 April 1652 word daar jare later 'n klein skooltjie aan die Oosrand gestig met die naam van Laerskool Jan van Riebeeck.

Aan die begin van die derde skoolkwartaal in 1947, word ‘n aantal leerlinge oorgeplaas vanaf Laerskool Geduld-Afrikaansmedium, tans bekend as Laerskool P.A.M. Brink, na die pas voltooide buurskool, toe Petersfield-skool, die huidige Laerskool Jan van Riebeeck. Op 1 September 1947 begin die Petersfieldskool met 195 leerlinge.

Mnr. P.A. Swanepoel word op 11 Oktober 1948, as die eerste permanente hoof en mnr. L.J.C. Alberts as onderhoof, aangestel. Onder die bekwame leiding van mnr. Swanepoel het die skool gegroei en spoedig ‘n waardige plek onder sy tydgenote , ingeneem.

Op 6 Oktober 1950, word die eerste skoolkermis gehou en in dieselfde jaar op 8 Desember, word die eerste geslaagde skoolkonsert in die saal van die Hoër Seunskool Hugenote, aangebied.

Op 15 Januarie 1952, is die naam Petersfieldskool, verander na die huidige naam Laerskool Jan van Riebeeck.

In 1947, is die eerste skolierpatrollie in Springs, hier by Jan van Riebeeck, gestig. In September 1952 word daar begin met die aanbou van nuwe klaskamers .

Die huidige skoolsaal word grotendeels met bydrae van die ouers gebou en op 15 Oktober 1954, word die skoolsaal ingewy. Die gedenksteen is onthul deur Me. Swanepoel en die hoeksteen gelê deur die Administrateur, Sy Edele dr. W.H. Nicol. Agter die gedenksteen is ‘n geskiedenisrol weggebêre.

Op 2 Julie 1965 tree Mnr. P.A. Swanepoel as hoof af en word hy opgevolg deur mnr. S.L. Mostert. Na mnr. Mostert se aftrede in Desember 1978, word hy in Januarie 1979 opgevolg deur mnr. C.J. van Baalen. In Januarie 1991 is mnr. P.W.J. Fleischmann aangestel. Mnr. Fleischmann tree in 2003 uit as hoof om voltyds te gaan boer. Mnr. Heyns neem waar vanaf 2003 - 2004 waar die huidige hoof,mnr. H.J. Flemming volg hom in Januarie 2004 op.

In 1997 is daar vir die eerste keer in die geskiedenis van ons skool ruimte geskep vir nie minder nie as twee graad nul-klasse. In 2007 is daar ‘n Graad RR klas en vier Graad R klasse.

Deur die jare heen is daar gepoog om by ons skool ‘n milieu te skep waar die kind gesond na liggaam en gees kan groot word. Laerskool Jan van Riebeeck het in 1997 sy 50ste bestaansjaar op kleurryke wyse gevier. In 2007 is ‘n Kuierfees gehou om die skool se 60ste bestaansjaar te vier. Na 60 jaar gaan Laerskool Jan van Riebeeck, danksy die Heer se wonderlike genade op alle terreine nog net van krag tot krag.

Map of Laerskool Jan van Riebeeck