Laerskool Eureka - Slegs die Beste

Klisserweg, Kimberley, 8301 ,South Africa
Laerskool Eureka - Slegs die Beste Laerskool Eureka - Slegs die Beste is one of the popular Elementary School located in Klisserweg ,Kimberley listed under Education in Kimberley , Elementary School in Kimberley ,

Contact Details & Working Hours

More about Laerskool Eureka - Slegs die Beste

1969. Dit is die jaar toe die eerste twee stene opmekaar gesit is om ‘n begin te maak aan ‘n merkwaardige skool, Laerskool Hadisonpark. Ja, die skool is eers op die 11de September 1971 hernoem na Laerskool Eureka.

Die skool se deure het amptelik geopen in Januarie 1971. Mnr Louis Pienaar was die eerste skoolhoof en het met groot trots die skool geopen met ‘n leerdertal van 186 leerders en 5 onderwysers.

In 1972 is 260 leerders ingeskryf by Eureka teen ‘n merkwaardige bedrag van R4.00 per jaar, as skoolfonds. ‘n Absolute hoogtepunt vir hierdie jaar was ons atletiek-byeenkoms, wat op Laerskool Eureka se eie velde aangebied is.

Laerskool Eureka bied met trots aan: Die fluitspeler van Hamelin, die naam van die eerste operette wat in 1973 opgevoer is. In hierdie jaar het ons ook met krieket as buitemuurse-aktiwiteit vir ons leerders begin.

Na net 3 jaar het ons leerdertal alreeds na 292 leerders gestyg. Daar het dan ook in 1974 groot opgewondemheid by die skool geheers toe ons eerste skoolbus by die skoolhek ingery het.

Na 15 jaar van ‘n fantastiese opbou van ons pragtige skool het Mnr Louis Pienaar die leisels aan Mnr Koos Lochner in 1987 oorgegee. Hy het met groot trots voortgebou op die grondslag wat reeds gelê was.

Voor ons, ons oë kon uitvee was Laerskool Eureka reeds mondig. In 1991 het ons, ons 21ste verjaardag met ‘n baie suksesvolle en spesiale operette gevier: Gelukland Dit het alles onder leiding van Mnr Hermie van der Merwe gebeur wat die derde skoolhoof van Laerskool Eureka was. Gelukland: Dit was inderdaad waar ons onsself bevind het. Ons leerdertal was toe reeds 529.

‘n Groot hoogtepunt van ons 25ste verjaardag was ons revue wat ons in die Kimberley-teater aangebied het.

Na ‘n baie suksesvolle termyn van baie harde werk het Mnr Daan du Toit die stuur by Mnr Hermie van die Merwe oorgeneem. As die vierde skoolhoof van Laerskool Eureka het hy dan ook die eer gehad om op die 30ste Augustus 1997 die skool se splinternuwe klubhuis in te wy.

Die jaar 2000 was ook vol opwinding, veral vir die Graad 4’s wat nuwe klasse gekry het en ons tweede optrede in die teater.

Met ons leerdertal wat nogsteeds jaarliks gestyg het, het ons in 2006 nog tennis- en netbalbane gebou om vir al ons leerders optimale geleenthede in hulle buitemuurse- aktiwiteite te bied. In die klaskamers het ons lugverkoelers geïnstaleer om op daardie 38 grade Celcius dae, ons kinders se konsentrasie te help behou. Ons het dan ook ons kultuur ‘n hupstoot gegee met ons aanbieding: Afrikaans Rock!
2010 het ons afgeskop met 813 leerders en Mnr Manie Verrynne het dan ook by Mnr Daan du Toit oorgeneem as vyfde skoolhoof.

2011 is Eureka 40 jaar jonk en baie projeket word vir die feesjaar beplan.

Mnr Manie Verrynne beoog om saam met sy 45 personeellede, SLEGS DIE BESTE, uit te bring in elke leerder van ons pragtige skool, Laerskool Eureka!

Map of Laerskool Eureka - Slegs die Beste